Graangids 2014 - page 133

- Werknemers word net soos in die geval
van wettige stakings, nie betaal vir
solank as wat hulle aan die staking
deelneem nie.
- Uitsluiting van stakers is ‘n alternatief om
hulle te dwing om terug te keer werk toe.
Die werkgewer kan hulle dienste opskort
en van tydelike arbeid gebruik maak.
- Dissiplinêre optrede kan hierna volg en
werknemers mag ontslaan word. Werk-
gewers kan ook waarskuwings of finale
waarskuwings uitreik. Hierdie waarsku-
wings moet duidelik aandui dat dit vir
deelname aan ‘n onwettige staking was.
3.
Ontslag van onwettige stakers
Voordat daar tot dissiplinêre aksie
oorgegaan word en werknemers ontslaan
word, moet aandag aan die volgende
gegee word:
- Wat was die werkgewer se moontlike
bydrae tot hierdie onwettige proses? Die
arbeidshof het reeds uitspraak gelewer
waar werkgewers onbillike onderhan-
delingsprosesse en onbillike bestuurs-
praktyke toegepas het. Vermy dus om
aanleiding tot staking te gee.
- Dit is ook belangrik dat, indien ‘n vak-
bond in die werksplek betrokke is, die
vakbond ingelig word voordat daar teen
werknemers opgetree word.
- Ultimatums moet uitgereik word en aan
die vereistes van billikheid voldoen.
- Tydsduur van die staking moet in ag
geneem word. Hoe langer die staking
duur, hoe ernstiger kan opgetree word.
- Skade wat tydens ‘n staking aangerig
word, is ‘n goeie grondslag vir ontslag.
- Dissiplinêre verhore moet gehou word.
In uitsonderlike gevalle hoef dissiplinêre
optrede nie gevolg te word nie.
- Selektiewe ontslag – vermy dit om enkele
persone te ontslaan en ander oor te sien.
Opsommend
Daar is ‘n wesenlike verskil tussen wettige en on-
wettige stakings. Daar kan nie teen wettige sta-
kers opgetree word nie, behalwe dat vergoeding
weerhou word. Wettige stakings eindig wanneer
‘n ooreenkoms bereik word en werknemers
terugkeer werk toe. Tydens onwettige stakings
moet die voorgeskrewe stappe gevolg word. Kry
kundige hulp en maak seker hoe soortgelyke
gevalle in die verlede hanteer is.
Kontakbesonderhede
Braam Celliers
076 504 9265
Dirk Coetzee
082 443 0296
Noord-Vrystaat Bestuursdienste BK, Bothaville
056 515 2001
Skrywer: Braam Celliers, Arbeidsadviseur
2014
119
G
RAANGIDS
1...,123,124,125,126,127,128,129,130,131,132 134,135,136,137,138,139,140,141,142,143,...174
Powered by FlippingBook