Los probleme vinnig op
Kwaliteitsprobleme tydens lewering
Suider-Afrikaanse Graanlaboratorium (SAGL)
– kwaliteit is ons passie.
As die enigste onafhanklike graankwaliteit-toets-
laboratorium in Suider-Afrika, strewe die SAGL
na akkurate resultate en kliëntetevredenheid.
Wanneer ‘n laboratorium gebruik word wat
geakkrediteerde toetsmetodes implementeer,
onder ‘n oorhoofse kwaliteitsisteem funksioneer
en tegnies bevoeg is, word akkurate toetsre-
sultate gegenereer waarop ingeligte besluite
gebaseer kan word.
Die SAGL lewer uitstekende diens op graan en
graanprodukte teen markverwante pryse, en
bied vermalingsanalises asook fisiese-, che-
miese-, reologiese-, bak-, mikotoksien- sowel
as makro- en mikronutriënt-analises.
Besoek gerus die SAGL se webtuiste vir meer
inligting.
Probleme met monsterneming en gradering
Silo-eienaars volg die afgekondigde
graderingsregulasies met betrekking tot
monsterneming en gradering. In uitsonder-
like gevalle, soos byvoorbeeld wanneer ‘n
produsent nie gelukkig is met die graad wat
aan sy vrag graan of oliesade toegeken is
nie, is huishoudelike reëls wat bepaal hoe die
spesifieke geval hanteer moet word, op elke
silo-eienaar van toepassing.
Graan SA neem graag kennis van lede se
probleme tydens monsterneming en gradering.
Kontakpersoon: Wessel Lemmer,
082 004 7246 of
e-pos:
Fisiese adres:
Graangebou
Witheriteweg 477
Die Wilgers
Pretoria
Posadres:
PostNet Suite #391
Privaat sak X1
Die Wilgers
0041
E-pos:
Tel:
012 807 4019
Faks:
012 807 4160
Faks na e-pos:
086 216 7672
Webtuiste:
G
RAANGIDS
2014
120