

Product information
39
February 2017
In sanderige grond en veral met bewaringslandbou wat mini-
mumgrondversteuring behels, mag kaliumvlakke in die bogrond
uitgeput raak en sal kaliumbemesting nodig wees.
Stikstof
Die grootste gedeelte van die stikstof in groen plante kom voor
as ensiemproteïene in die chloroplaste (bladgroenkorrels) waar
chlorofil (bladgroen) as basis vir fotosintese dien.
Die stikstofinhoud is die hoogste in jong plante en neem af met
veroudering. Nogtans is dit belangrik om deur middel van bo-
bemesting te verseker dat die afname in stikstof en gevolglike
afsterwing van blare nie voortydig plaasvind nie. Voldoende
groen blare (blaaroppervlakte) gedurende die graanvulfase is baie
belangrik. Stikstoftekorte word gekenmerk deur beperkte vege-
tatiewe ontwikkeling, asook die vergeling en vroeë afsterwing van
veral die onderste blare van die kanolaplant.
In teenstelling met fosfor en kalium, is dit baie moeilik om die stik-
stofleweringsvermoë van grond te bepaal. Reënval en koolstofin-
houd van die grond kan volgens die volgende formule bepaal word:
N lewering deur grond (kg N/ha) = binne groeiseisoen reënval (mm)
x 0,15 x %C
Faktore soos metode van grondbewerking en vestiging, asook
wisselboustelsel en plantdatum kan dit egter beïnvloed. Stikstof in
die nitraatvorm loog maklik en daarom kan reënvalverspreiding en
grondtekstuur die effektiwiteit van toegediende stikstof beïnvloed.
Navorsingsresultate toon dat slegs sowat 50% tot 70% van toe-
gediende stikstof deur plante benut word.
Tabel 4
kan as riglyn vir die stikstofbemestingsbehoefte dien en die
werklike behoefte weens genoemde faktore verskil van plaas tot
plaas. Kanolaprodusente word dus aanbeveel om die stikstoflewe-
ring van hul plaas te bepaal deur proefstroke aan te plant waar
geen stikstof toegedien word nie. Graanopbrengs (kg/ha) wat
sodoende verkry is, gedeel deur 40 gee ‘n aanduiding van grond-
stikstoflewering.
Die verdeling van stikstofbemesting by kanola is belangrik. Ont-
kiemende kanolasade kan deur kontak met kunsmis beskadig word.
Vermy of beperk die plasing van veral ureumbevattende stowwe
by die saad tot die minimum. Dien as algemene riglyn ongeveer
10% tot 15% van totale stikstoftoediening met planttyd toe en
ongeveer 65% as bo-bemesting 30 dae tot 40 dae na-opkoms.
Onder normale reënvaltoestande kan die restant van die stikstof-
bemesting op 60 dae tot 70 dae na-opkoms toegedien word. In
droë jare kan laasgemelde toediening weggelaat word.
TABEL 4: STIKSTOFBEMESTINGSRIGLYNE VIR KANOLA.
GEBIED EN REËNVAL
OPBRENGSPOTENSIAAL
STIKSTOF (KG N PER HA) VIR KANOLA NA:
LUSERN*
EENJARIGE PEULGE-
WASSTELSEL
GRAANSTOPPEL***
Suid-Kaap
(65% winterreëns)
< 350 mm
1,25 t/ha
10
25 - 30
30 - 50
350 mm - 425 mm
1,5 t/ha
10 - 20
30 - 35
50 - 70
425 mm - 500 mm
2,0 t/ha
20 - 30
40 - 45
60 - 90
> 500 mm
2,5 t/ha
40 - 50
50 - 55
80 - 110
Swartland
(83% winterreëns)
< 325 mm
1,25 t/ha
50 - 70**
70 - 90
325 mm - 425 mm
1,75 t/ha
70 - 90
90 - 110
> 425 mm
2,50 t/ha
90 - 110
110 - 130
* Weiding waarin grasse beheer is
** Hoër waarde van toepassing op ligter gronde
*** Sluit minimum- en geenbewerking in
‘n Sinvolle bemestingaanbeveling vir kanola vereis ‘n volledige grondontleding wat beide die swaelinhoud, koolstofpersentasie en klipfraksie insluit.