

Agricol-kultivars behaal uitstekende
opbrengste in kultivarproewe
D
ie Kanolakultivarprogram is weer eens
tydens die 2016-seisoen op verskeie
lokaliteite in die Wes- en Suid-Kaap uitge-
voer. Verskeie kultivars is in die program,
wat op ses lokaliteite in die Wes- en ses
lokaliteite in die Suid-Kaap aangeplant is,
ingesluit. Agricol se kanolakultivars het
uitstekend gevaar en topopbrengste is
aangeteken.
Diamond, die nuutste toevoeging tot die
Agricol-kultivarpakket het, soos tydens
die 2015-seisoen, getoon dat dit beslis
‘n kultivar is wat die grense verskuif wat
opbrengs betref. Diamond was met die
uitsondering van enkele gevalle, die top-
produserende kultivar by die meeste van
die proeflokaliteite.
Die aanpasbaarheid van die kultivar is
eenvoudig sonder gelyke. Alhoewel Dia-
mond ‘n kort groeiseisoen het, vaar dit
nie net goed in die areas waar die reënval
neig om gouer af te sny nie, maar word
die langgroeiseisoenkultivars selfs in die
hoë potensiaalareas uitgestof. Die op-
brengssyfers van kommersiële aanplan-
tings bevestig verder die vermoë van
Diamond om topopbrengste, onder ‘n wye
reeks van omgewingstoestande, te lewer.
Beide Tango en Agamax het getoon waar-
om hierdie kultivars ook in ‘n pakket inge-
sluit moet word. Agamax het weer bewys
hoe stabiel die kultivars is en hoe goed dit
vaar oor ‘n wye spektrum van omgewings-
toestande. Tango het, soos Diamond, ‘n
relatiewe kort groeiseisoen en moet oor-
weeg word waar daar laat geplant word of
stroperkapasiteit ‘n vraagstuk kan wees.
Alhoewel Garnet nie vanjaar in die proewe
ingesluit is nie weens ‘n beperking op die
aantal kultivars wat saadmaatskappye kan
insluit, bly dit nog steeds ‘n gewilde kulti-
var onder produsente. Garnet het ‘n baie
stabiele, kompeterende opbrengs en die
prys daarvan, vergeleke met die basters,
maak dit ‘n baie aanloklike keuse.
Atomic, die nommer een TT-kultivar, het
ook vanjaar goeie opbrengssyfers in die
proewe, asook in die kommersiële aan-
plantings waar produsente oeste van 2 t/ha
en meer gerapporteer het, behaal.
35
February 2017
PROMOSIE-ARTIKEL
DIRK HANEKOM,
landboukundige: Agricol
Grafiek 1: Konvensionele kanolaproewe in die Swartland in 2016.
Grafiek 2: Konvensionele kanolaproewe in die Suid-Kaap in 2016.
Agricol se kanolakultivars het weer eens
uitstekend gevaar en topopbrengste is by
die ses lokaliteite in die Wes-Kaap en ses
lokaliteite in die Suid-Kaap aangeteken.