

41
Swael
Swael is belangrik vir sintese van proteïene en chlorofil en een van die boustene van glukosino-
late wat veral in die groeipunte en wortels van kanolaplante voorkom en ‘n onderdrukkende
effek op sommige grondgedraagde siektes het.
Gedurende die vegetatiewe stadium word swaeltekorte gekenmerk deur liggroen, jong blare,
asook kleiner blare waarvan die rante opwaarts krul om koppievormige blare te vorm. Tydens
die reproduktiewe fase vertoon die blomme ligter van kleur en word stuifmeelproduksie
benadeel. Swaeltekorte veroorsaak beide minder peule per plant en sade per peul. Peule ver-
toon dikwels pers van kleur en is afgeplat.
Die swaelbehoefte van kanola is ongeveer vier maal dié van koring en swael word as stan-
daardtoediening vir kanolaproduksie aanbeveel. Swael moet verkieslik in ‘n
stikstof:swael-
verhouding van 7:1, maar teen nie minder nie as 10 kg tot 15 kg S/ha gedurende die groeiseisoen
toegedien word.
Gronde met ‘n geskiedenis van gebrekkige swaelinhoud of waar ‘n grondontleding op ‘n
sodanige toestand dui, benodig swael teen 10 kg tot 15 kg S/ha per ton opbrengsmikpunt as
gips (Ca
2
SO
4
), superfosfaat, kaliumsulfaat of swaelbevattende stikstofbemestingstowwe.
Mikro-elemente
Hoewel voldoende hoeveelhede van alle mikro-elemente belangrik is vir optimale groei en pro-
duksie van kanola, moet boor uitgesonder word.
Boor is belangrik vir blomvrugbaarheid en tekorte veroorsaak dat peule onegalig op die blom-
steel gespasieer is en dat daar ook gapings tussen pitte (vermiste pitte) in die peule is. Hoewel
grondontledings van > 0,5 mg/kg as voldoende beskou word, is boor so belangrik vir optimale
produksie dat blaarbespuitings van boor as ‘n standaardtoediening in die kanolaproduserende
gebiede van die Wes-Kaap beskou word.
Blaartoedienings met ‘n boorbevattende produk soos Solubor
®
teen 1 kg/ha tot 1,5 kg/ha
tydens stamverlenging (ongeveer 60 dae na opkoms) word aanbeveel. Aangesien sodanige
bespuitings die blomme van kanola mag beskadig, is dit belangrik dat die toediening moet
plaasvind voordat die eerste blomme oopgaan.
Bepaal só bemestingbehoeftes
By
RCL FOODS Animal Feed
is
elke boer belangrik en dra ons jou
belange op die hart ... juis omdat jy
en jou diere net die beste verdien.
As dierevoerspesialis hou ons jou
op koers met die beste en grootste
verskeidenheid in dierevoeding. Derhalwe
kan jy staatmaak op die wetenskaplike
en tegniese kundigheid van ons
verkoopspan; op beter produkinnovasie,
beter voedingsprogramme en beter
dienslewering. Met ons twee voorste
handelsname,
Molatek
en
EPOL
, onder
een dak, trek jy boonop voordeel uit
ons produkverskeidenheid vir ’n wye
verskeidenheid dierespesies. Ons
produkte dek vleisbeeste, melkbeeste,
skape, bokke, wild, pluimvee, varke, perde,
volstruise en nog meer.
Jy hoef dus net RCL FOODS
Animal Feed te skakel vir al
jou voerbenodigdhede.
RCL FOODS
Animal Feed
gee jou meer as net ’n
verskeidenheid van
dierevoeding.
RCL FOODS:
www.rclfoods.comEPOL:
+27 (0)31 242-8600 |
www.epol.co.zaMOLATEK:
+27 (0)13 791-1036 |
www.molatek.co.zaANIMAL
FEED
uppe marketing A15265/SAG
saak dat dit ook vir plaaslike saadmaatskappye ‘n uitdaging is, want as daar weer te veel
saad ingevoer word, sit hulle met die voorraad en moet hulle die voorraad dra of staan
hulle die kans om dit te verloor, omdat die kieming van kanolasaad ‘n probleem raak hoe ouer
dit word.
Vir die 2017-seisoen bestaan die moontlikheid dat al die voornemende hektare nie met
kanola geplant sal kan word nie, omdat ‘n groot aantal van die saadproduksies in Australië
versuip het en dit die voorsiening van saad beperk.
Graan SA is hieroor in gesprek met plaaslike saadmaatskappye en daar word deurlopend
vir oplossings gesoek.
Saadpryse
Pryse van kanolasaad het vir die 2017-seisoen met gemiddeld 5,63% toegeneem. Sekere
kultivars se pryse het met 1,19% gestyg, terwyl ander tot soveel soos 28% gestyg het.
Tabel 1
toon die saadpryse vir die 2017-seisoen.
Omdat plaaslike kanolaprodusente ál meer sensitief vir stygende saadpryse raak, het
Graan SA dit in ‘n ondersoek met Australiese kanolasaadpryse vergelyk.
Tabel 2
toon hoe
die prys van dieselfde kultivar in Australië met dié kultivar in Suid-Afrika vergelyk. Gegewe
‘n wisselkoers van R10 teenoor die Australiese dollar, kos kultivar A byvoorbeeld R150/kg
in Australië, maar R281/kg in Suid-Afrika. Kultivar B kos weer R139/kg in Australië en slegs
R114/kg in Suid-Afrika.
Wanneer na gemiddelde (nie geweeg nie) pryse van die ses kultivars wat gebruik is gekyk
word, is die gemiddelde saadprys in Suid-Afrika R220/kg en in Australië R186/kg. Op ‘n
gemiddelde basis vergelyk pryse redelik (veral gegewe die koste om die saad in Suid-
Afrika te kry), maar dit blyk dat populêre kultivars in Suid-Afrika definitief duurder is teen
die R10/AUS $-wisselkoers wat vir die berekening gebruik is.