

Hoe lyk die markte
vir grondbone en kanola?
w
anneer daar van oliesade gepraat word, is soja-
bone en sonneblomme gewoonlik die eerste ge-
wasse waaraan ‘n mens dink. Hierdie twee gewasse
is die twee “grootste” oliesade in terme van produk-
sie en verwerking in Suid-Afrika en regverdig dus
hierdie persepsie.
Ander oliesade wat in Suid-Afrika verbou word, is grondbone en
kanola. Hierdie oliesade speel ‘n kleiner rol in die totale konteks en
is nie so alombekend soos die ander twee nie, maar dit speel tog
‘n belangrike rol – veral in die spesifieke streke waar dit verbou
word. Dit dien ook vir vele produsente as goeie alternatiewe gewas-
se om vir diversifisering en risikobestuur aan te wend.
Inligting oor hierdie gewasse is nie so algemeen beskikbaar soos
dié van ander kommoditeite nie en daarom word die internasionale
en plaaslike markomgewing kortliks in hierdie artikel bespreek.
Grondbone
Internasionale perspektief
Internasionaal word die grondboonproduksie in die nuutste wêreld-
vraag-en-aanbodsyfers op 29,78 miljoen ton geskat. Dit is 2 miljoen
meer as die 27,78 miljoen ton produksie van die 2015/2016-seisoen.
Wêreldproduksie is hoër ten spyte van
die laer-aangepaste Amerikaanse produk-
sievooruitsigte (wat nou slegs op 1,93 mil-
joen ton geskat word); gemeet teen die
vorige skatting van 2,12 miljoen ton.
Goeie produksie word onder andere in
China verwag. Hulle produksie word op
12 miljoen ton geskat (11,6 miljoen ton in
2015/2016) en Indië se produksie vir die
2016/2017-seisoen word op 4,65 miljoen ton
geskat, teenoor die 3,20 miljoen ton van die
2015/ 2016-seisoen.
Die internasionale syfer vir die pers van
grondbone vir die 2016/2017-seisoen word
op 10,140 miljoen ton geskat, terwyl die in-
ternasionale uitvoere op 2,589 miljoen ton
geskat word. Die pers van 10,140 miljoen
ton grondbone is aansienlik hoër as die
8,971 miljoen ton grondbone wat in die
2015/2016-seisoen gepers is.
Plaaslik
Plaaslik was die 2016/2017-bemarkingseisoen oor die algemeen
vir meeste van die gewasse in die somersaaigebiede ‘n uiters uit-
dagende jaar met die enorme droogte wat oor groot gedeeltes van
die land geheers het.
Net só het grondboonproduksie in Suid-Afrika ook swaar gebuk
gegaan onder hierdie strawwe toestande en was die geskatte
grondboonproduksie van slegs 18 850 ton, volgens die NOK se
finale produksieskatting vir 2016/2017-bemarkingseisoen, die klein-
ste produksie wat Suid-Afrika nóg opgelewer het. Die produksie is
verkry op ‘n aangeplante area van 22 600 ha – wat op ‘n gemiddelde
opbrengs van 0,83 t/ha uitwerk.
Grafiek 1
toon die plaaslike produksie, asook totale vraag en aan-
bod, van grondbone vanaf die 2005/2006-bemarkingsjaar tot en
met die 2016/2017-bemarkingsjaar. Uit Grafiek 1 is dit duidelik dat
die produksie sowel as verbruik redelik siklies is.
‘n Beduidende daling in produksie kan duidelik in die 2016/2017-
bemarkingsjaar waargeneem word. Suid-Afrika is in die huidige
seisoen heelwat meer afhanklik van invoere ten einde aan die plaas-
like vraag te voldoen.
LUAN VAN DER WALT,
landbou-ekonoom: Graan SA
GRAANMARK
-oorsig
– 16 Januarie 2017
Februarie 2017
42
Grafiek 1: Totale produksie, asook vraag en aanbod van grondbone in Suid-Afrika (2005/2006 tot
2016/2017).
Bron: SAGIS, 2017
*Geprojekteerde syfers vir die 2016/2017-seisoen
FOKUS
Kanola
Spesiale