

Februarie 2017
38
Bepaal só bemestingbehoeftes
van kanola
T
en einde die bemestingsbehoeftes van gewasse te be-
paal, is dit belangrik om te weet hoeveel voedingstowwe
deur die gewas uit die grond verwyder gaan word en hoe-
veel daarvan deur die grond voorsien sal word.
Voedingstowwe verwyder
Uit
Tabel 1
blyk dit dat kanola veel meer voedingstowwe as koring
uit die grond verwyder vir ‘n graanopbrengs van 1 ton. Die behoef-
tes kan bepaal word deur realistiese opbrengsteikens. Indien
kanola vantevore verbou is, kan die opbrengsgeskiedenis gebruik
word as ‘n opbrengsteiken.
As kanola vir die eerste keer verbou word, kan opbrengste van
koring as maatstaf dien. Die opbrengs van kanola behoort met
optimale produksietegnieke minstens 50% van koringopbrengste
te wees.
Voorsiening deur die grond en
bemestingsbehoefte
‘n Sinvolle bemestingsaanbeveling vir kanola vereis ‘n volledige
grondontleding wat beide die swaelinhoud, koolstofpersentasie en
klipfraksie insluit.
Fosfor
Hoewel fosfor ‘n essensiële makrovoedingstof is, word klein hoe-
veelhede daarvan benodig. Fosforgebrekkige plante word meestal
gekenmerk deur beperkte vegetatiewe groei en soms ook rooi of
pers verkleurings. Hierdie verkleurings moet nie verwar word met
soortgelyke simptome wat voorkom as plante op ‘n jong stadium
onder hewige plantluisbesmettings deurloop nie.
‘n Grondwaarde van 36 mg/kg (sitroensuur) of 24 mg/kg (Bray 1)
word as vertrekpunt geneem (
Tabel 2
). By laer of hoër grondont-
ledings word aanpassings gemaak met inagneming van faktore
wat opbrengspotensiaal bepaal. ‘n Onderhoudsbemesting van
> 10 kg P/ha word aanbeveel. In graanwisselboustelsels kan
toedienings met 30% afwaarts aangepas word.
Kalium
Kalium is belangrik om waterverliese te beheer deur die regule-
ring van die huidmondjies waardeur plante transpireer en help
ook met die opname en vervoer van voedingstowwe. Hoewel
kaliumtekorte in die algemeen aanleiding gee tot ‘n afname in
groeikragtigheid en ernstige tekorte tot ‘n vergeling van blaarrante
en vergeling tussen die nerwe van ouer blare, is kaliumtekorte by
kanola meestal nie-simptomaties en kan gevolglik maklik verwar
word met ander tekortsimptome.
As riglyn word die kaliuminhoud van grond op ongeveer 80 mg/kg
vir swaarder en 60 mg/kg vir liggetekstuurde grond gestel
(
Tabel 3
). Volgens hierdie riglyn sal kaliumbemesting selde nodig
wees vir kanola op skaliegronde in die Wes-Kaap.
FOKUS
Kanola
Spesiale
ANDRÉ AGENBAG,
Universiteit van Stellenbosch
GEWAS
STIKSTOF
FOSFOR
KALIUM
SWAEL
KALSIUM MAGNESIUM
Kanola
40
7
9
10
4,1
4
Koring
21
3
4
1,5
0,3
0,9
TABEL 1: VERWYDERINGSYFERS VAN DIE VERNAAMSTE VOEDINGSELEMENTE DEUR KANOLA VERGELEKE MET DIÉ VAN KORING
(KG/HA VERWYDER DEUR 1 TON GRAAN).
TABEL 2: FOSFORBEMESTINGSRIGLYNE VIR KANOLA IN ‘N PEULGEWAS-WISSELBOUSTELSEL.
TABEL 3: KALIUMBEMESTINGSRIGLYNE VOLGENS GRONDONTLEDING.
FOSFORSTATUS VAN DIE GROND (MG/KG)
P-BEMESTING
(KG P/HA)
SITROENSUUR
BRAY 1 VIR PH < 5,5
10
6
30
20
14
24
30
20
18
40
28
15
50+
34+
10 (onderhoud)
SWAARGETEKSTUURDE GRONDE
LIGGETEKSTUURDE GRONDE
KALIUM (MG/KG)
K-BEMESTING (KG/HA)
KALIUM (MG/KG)
K-BEMESTING (KG/HA)
< 50
30
< 50
30
50 - 80
20
50 - 80
15
> 80
0 - 20
> 80
0