

Product information
37
February 2017
FOKUS
Kanola
Spesiale
Triasiene beheer eenjarige gewasse asook breëblaaronkruide,
insluitend ramenas, wat ‘n al groter-wordende probleem is.
Indien jy nie die risiko van skade op opvolggewasse na kanola wil
loop nie, moet nie meer as 1 kg aktiewe bestanddeel triasien per
seisoen toegedien word nie. Met die koms van min- of geenbewer-
king van die grond (wat maak dat die bogrond nie vermeng word
nie) het die risiko van produkoordrag verhoog. Na ‘n droë seisoen
waar loging beperk is en mikro-organisme-aktiwiteit in die grond
afgeneem het, vererger die situasie nog verder.
Imazamoks (Cysure) word toegedien wanneer die kanolaplante
die vyfblaarstadium bereik het en die onkruide, soos op die etiket
gespesifiseer word, nog klein is.
Onthou: Cysure mag net op die Clearfield-groep kanolakultivars
gebruik word. Waar SU-weerstand nog nie voorkom nie, kan Cysure
‘n wye spektrum gras en breëblaaronkruide beheer.
Propyzamied (Kerb) word toegedien vroeg na-opkoms (twee- tot
drieblaarstadium) van kanola en onkruide. Kerb werk die beste op
‘n relatiewe ferm saadbed en vog is nodig om die produk te akti-
veer. Periodes van warm, droë weer sal lei tot swakker beheer. Kerb
beheer beide FOPs en DIMs asook SU-weerstandbiedende grasse.
Indien onkruiddoders van die SU-groep die vorige jaar op ‘n
graangewas gespuit is om breëblaaronkruide te beheer, word
aanbeveel dat ‘n Clearfield-kanolakultivar geplant word. Let op die
onthoudingsperiodes van die verskillende SU-produkte en neem
die faktore van oordragprobleme wat by die triasiene genoem
is, in ag. Kanola is uiters gevoelig vir SU-oordrag – veral in die
saailingstadium.
Siektebeheer
Sclerotinia
Aanvanklik is swartstam as die belangrikste siekte in kanolaver-
bouing in die Wes-Kaap beskou, maar die geweldige toename
in intensiteit en verspreiding van sclerotinia maak dit gewis die
grootste siektebedreiging vir kanolaprodusente.
Vog is baie belangrik vir die ontwikkeling van sclerotinia. Vir die
primêre ontkieming van sclerotiums (die oorlewingstrukture wat
in plantreste en in die grond oorleef) word tien dae van vogtige
grondtoestande benodig.
Die ideale temperatuur vir apothecia om te ontwikkel, wissel
tussen 11°C en 15°C. Spore word tussen tien dae tot 14 dae na
apothecia gevorm het, vrygestel. Die spore ontkiem op ou blom-
blare wat op takke en stamme vassit, wat as voedsel vir hulle dien.
Besmette blomblare val op blare of teen die stam, waar wit, wolle-
rige mycelium groei en die plantweefsel penetreer. Sclerotiums
vorm in die stam van die plant en verhoed dat vog en voeding-
stowwe getranslokeer kan word. Die sclerotiums kan drie jaar tot
vier jaar in die boonste 5 cm van die grond oorleef – en tot tien
jaar indien dieper gewerk word. Apothecia vorm slegs op sclero-
tiums wat in die boonste paar sentimeter van die grond voorkom
wanneer die klimaat gunstig is.
Vog, in die vorm van ligte reën, mis of dou in die periode net voor
blom en tydens blom sal die risiko vir sclerotinia-infeksie beduidend
verhoog. Omdat die askospore net op blomblare wat afgeval het
kan ontkiem, is die blomblare op die plant die teken dat dit tyd is
vir spuit. Spore wat later op hulle beland, word sodoende verhoed
om te ontkiem.
In ‘n seisoen waar vog tydens die voor- en vroeëblomperiode
voorkom, moet tussen 20% en 30% blomstadium gespuit word.
Indien dit egter droog is tydens hierdie periode, maar later begin
reën, kan effens later gespuit word (40% tot 50% blom). Die
korrekte tydsberekening van spuit is deurslaggewend vir goeie
sclerotiniabeheer.
Wat egter onrusbarend is, is die voorkoms van sclerotinia in die
Swartland in ‘n relatiewe droë seisoen. Dit bevestig waarom pro-
dusente ekstra op hul hoede moet wees vir die siekte. Produsen-
te wat enige tekens van sclerotinia in hul omgewing waargeneem
het, kan besmettings in gevoelige gewasse (lupiene, kanola en
erte) verwag indien toestande gunstig word vir die siekte.
Swartstam
Daar is verskeie faktore wat daartoe gelei het dat swartstam-
besmettings oor die afgelope paar seisoene oor die algemeen
relatief laag gebly het.
Relatiewe droë toestande kort ná plant wat ongunstig was vir
die vroeë ontwikkeling van die siekte (uitsonderings het in dele
van die Suid-Kaap voorgekom).
Beter aanvaarding van wisselboustelsels wat daartoe gelei het
dat kanola elke drie of vier jaar op dieselfde land verbou word.
Minder teruggehoue saad word geplant, wat die saadoordrag
van die siekte verminder het.
Benutting van weerstandbiedende kultivars en wisseling van
kultivars met verskillende weerstandsgene.
Produsente kan egter nie die gevaar wat swartstam inhou, onder-
skat nie. Sou die aksies hierbo genoem, nie geïmplementeer
word nie en toestande vroeg in die seisoen meer gunstig vir die
ontwikkeling en verspreiding van die siekte wees, kan die situasie
drasties verander. Die aangewese groeistadium vir ‘n bespuiting
teen swartstam is rondom die vyfblaarstadium van kanola.
Witblaarvlek
Alhoewel witblaarvlek as ‘n sporadiese siekte beskou kan word,
kan dit tot erge oesverliese ly waar dit voorkom.
Dit het in 2013 in die Malmesbury-distrik voorgekom en die jaar
daarna was simptome oor ‘n groot gebied, insluitend die Overberg,
waargeneem. Omdat die siekte al vroeg in die seisoen kan voor-
kom indien klimaatstoestande gunstig raak, kan dit tot ernstige
blaarverliese ly. Veral plante wat ‘n stikstoftekort ervaar, blyk meer
vatbaar vir witblaarvlek te wees.
Die swam oorleef as miselium (swamdrade) op oesreste en produ-
seer wind- en reëngedraagde spore tydens gunstige omstandig-
hede in die herfs en winter – wat kanolaplante kan infekteer.
Nadat infeksie plaasgevind het, vorm wit tot dowwe geel kolle op die
ouer blare onderaan die stam.
Hierdie letsels produseer voorts spore wat veroorsaak dat die
siekte vinnig kan versprei. Die optimale temperatuur vir die ont-
wikkeling van die siekte is 13°C tot 18°C, maar hoë humiditeit is
nodig vir die ontwikkeling van die siekte. Witblaarvlek ontwikkel
gewoonlik na ‘n periode van swaar reën.
Geen swamdoder is tans teen witblaarvlek op kanola in Suid-
Afrika geregistreer nie, maar daar is waargeneem dat middels wat
rondom die vyfblaarstadium vir swartstambeheer toegedien is, wel
‘n onderdrukkende effek op witblaarvlekbesmettings uitoefen.
Kontak Chris Cumming by
Cummingza1946@gmail.comvir meer
inligting hieroor.
Onkruid- en swambeheer op kanola