

Vrywaring
Sover moontlik is alles gedoen om die akkuraatheid van hierdie inligting te verseker. Graan SA aanvaar egter geen
verantwoordelikheid vir enige skade of verliese wat gely word as gevolg van die gebruik van hierdie inligting nie.
45
February 2017
Die nuwe seisoen-vooruitsigte lyk egter beter as dié van die vorige
seisoen. Volgens die Nasionale Oesskattingskomitee se eerste op-
somming van produsente se voorneme om te plant vir somerge-
wasse (soos uitgereik middel Oktober verlede jaar) word die totale
area wat vir grondbone geallokeer word vir die komende seisoen op
33 500 ha geskat.
Dit is ‘n 48,2% verhoging in aantal hektare vanaf die vorige sei-
soen se 22 600 ha wat met grondbone beplant is. Tans lyk die
produksietoestande van die grondbone wat reeds aangeplant is,
gunstig met goeie reën wat oor groot gedeeltes van die land se
somersaaigebiede geval het.
Grondbone se gemiddelde opbrengs oor die afgelope tien jaar in
Suid-Afrika is 1,35 t/ha. Indien gemiddelde opbrengste in die ko-
mende seisoen realiseer, kan dit moontlik ‘n grondboonproduksie
van 45 225 ton tot gevolg hê – wat weer ‘n aansienlike beter oes as
in die vorige seisoen sal wees.
Daar is egter steeds ‘n legio faktore wat ‘n rol gaan speel by die
ontwikkeling van die grondboonoes, waarvan opvolgreën die be-
palende een sal wees vir die grondboonproduserende streke.
Die eerste produksieskatting van somergrane vir die komende sei-
soen word op 28 Februarie vanjaar vrygestel. Daaruit sal ‘n beter
afleiding gemaak kan word rakende die produksieverwagting vir
die seisoen.
Kanola
Internasionale perspektief
Uit ‘n internasionale perspektief lyk die Australiese kanolapro-
duksie vir die seisoen beter is as wat aanvanklik verwag is. Die
Australiese kanolaproduksieskatting vir die seisoen word op
4,1 miljoen ton geskat – wat 1,16 miljoen ton hoër as verlede jaar se
produksie is.
Die verhoogde produksie in Australië kan
heel moontlik tot gevolg hê dat die Aus-
traliese uitvoere ‘n vier jaar hoogtepunt van
3,1 miljoen ton vir die periode Oktober
2016 tot en met November 2017 sal bereik.
Die uitvoere vanuit Australië het alreeds in
November 2016 begin toeneem – met die
meeste verskepings na die Europese Unie,
China en ander lande in Asië.
Die verwerking en uitvoere van kanola van-
uit Kanada het ‘n rekord van ‘n geskatte
8,2 miljoen ton vanaf Augustus tot Desem-
ber verlede jaar bereik. Dit is hoër as die
7,3 miljoen ton gedurende dieselfde tydperk
in 2015. Dit verteenwoordig 3,9 miljoen ton
geperste kanola en 4,3 miljoen ton uitvoere.
Uitvoere van Kanadese kanola na die Eu-
ropese Unie is laer as wat die verwagting
vir hierdie tyd van die seisoen is, maar hoër
uitvoere na Pakistan, die Verenigde Ara-
biese Emirate, Mexiko en ander bestemmings is wel vanuit Kanada
aangeteken.
Daar word verwag dat die totale uitvoere vanuit Kanada vanaf
Augustus 2016 tot en met Julie 2017 ongeveer 10 miljoen ton be-
hoort te bereik, of dit selfs kan oorskry.
Plaaslik
Volgens die Nasionale Oesskattingskomitee se vyfde produksie-
skatting vir wintergrane word die Suid-Afrikaanse kanolaproduk-
sie vir die seisoen op 108 860 ton geskat. Dit is laer as die vorige
skatting van 112 260 ton, maar steeds ongeveer 17% meer as die
93 000 ton van die vorige seisoen.
Die aantal hektare aangeplant in die huidige seisoen is 68 075 ha
– wat minder is as die vorige seisoen se 78 050 ha (
Grafiek 2
). Die
produksie is dus hoër as die vorige seisoen en die hoër opbrengste
is hoofsaaklik te danke aan die gunstige weersomstandighede wat
die grootste gedeelte van die groeiseisoen oor die kanolaproduse-
rende streke van die Wes-Kaap geheers het.
Opsommend
Risiko’s is ‘n integrale deel van besigheid in die hedendaagse land-
bousektor. Dit is belangrik dat produsente die verskeie risiko’s
wat daar in die mark is identifiseer en sodoende hul beplanning aan-
pas om die risiko’s sover moontlik te beperk.
Die beperking van risiko’s kan op ‘n verskeidenheid maniere ge-
doen word; daarom is dit belangrik vir produsente om vas te stel
wat die beste opsie vir hulle en hul omgewings is. Diversifikasie
is ‘n manier waarop produsente hul risiko’s kan bestuur. Dit is daar-
om belangrik dat produsente verskillende gewasse oorweeg en die
beskikbare inligting analiseer.
Grafiek 2: Kanola-oppervlakte aangeplant, totale produksie en opbrengs (2005/2006 tot 2016/2017).
Bron: SAGIS, 2017
*Geprojekteerde syfers vir die 2016/2017-seisoen
GRAANMARK-OORSIG
Product information
FOKUS
Kanola
Spesiale