

19
February 2017
en toerusting te koop en te kan terugbetaal. Hierdie toerusting
moet verseker dat die nodige gehalte grondbone gelewer kan word.
As hierdie kapitale uitleg aangegaan is, kan jy as produsent nie
omdraai nie. Indien jou besigheid te klein is om die masjiene te kan
regverdig, dink daaraan om ‘n maatskappy te begin waar meer as
een produsent die masjien saam koop en saam gebruik.
Jy as grondboneprodusent sal ook jou grondbonekoper versigtig
moet kies. Jy wil verseker nie net die prys nie, maar ook die geld kry.
Die koper daarenteen wil nie net die geld gee en nie die produk
sien nie. Vertroue tussen jou en die koper is en bly van kardinale
belang. Analiseer die kontrakte deeglik – veral oor wat gebeur as die
kontrakte nie gelewer kan word nie en verseker dat jou regte in die
kontrakte beskerm word.
Kleiner produsente
Vir kleiner produsente is die verbouing van grondbone verseker ‘n
moet. Indien die besigheid se beperking oppervlakte is, moet die
produsent grondbone as alternatief (wat die hoogste bruto marge
per hektaar lewer) produseer.
Op ‘n klein stukkie grond kan grondboonverbouing heelwat wins
maak. Jou besigheid is ook nie so groot dat die bestuur van
die boerdery ‘n probleem sal word nie. Die risiko’s van grond-
boonverbouing sal verseker deur die verhoogde inkomste oor-
tref word.
Winsgewendheid
Gepraat van winsgewendheid. Graan SA versamel jaarliks die
werklike produksiekoste van ‘n verskeidenheid gewasse. As hierdie
gewasse se winsgewendheid vergelyk word, bly grondbone
een van die beste gewasse om te verbou. In
Grafiek 1
word die
winsgewendheid van die grondbone met dié van mielies in die
Noordwes-Vrystaat vergelyk.
Uit Grafiek 1 is dit duidelik dat grondbone sedert die 2007/2008-
produksiejaar elke jaar meer winsgewend as mielies was. Indien
die besonder goeie jare en die besonder swak jare uitgehaal word,
wil dit nog steeds lyk asof die inkomste van grondbone dié van
mielies met ten minste 50% oortref.
In hierdie syfer is die waardevermindering ook in aanmerking ge-
neem. As die syfer oor ‘n 50 ha land-aanplanting geprojekteer word,
is die inkomsteverhoging vir die afgelope tien jaar ‘n ongelooflike
R575 000 – wat ‘n aansienlike verbetering vir enige plaas sal wees.
Slotopmerkings
Jy as produsent moet jouself afvra: Waarmee is ek besig? Sien ek
kans om tyd aan grondboonverbouing af te staan? Hoeveel hektaar
grondbone moet ek verbou en wat gaan ek doen om hierdie in-
komste te verseker?
Vir meer inligting kontak Pietman Botha by 082 759 2991.
Grafiek 1: Die winsgewendheid (per hektaar) van beide grondbone en mielies vir die Noordwes-Vrystaat.