

Meer inligting oor saadskema
M
y betrokkenheid by grondbone strek vanaf die vroeë
sestigerjare. Die kultivars Natal Common is in daardie
jare die meeste aangeplant. Al Golden Peanut and Tree
Nuts se huidige kultivars kom uit hierdie agtergrond.
Die
rekordopbrengs
van
9,6 ton peule per hektaar in
Suid-Rhodesië in die sewentigs
was met ‘n kultivar uit ‘n Mani
Pintada-agtergrond (uit Boli-
vië). Daarom is daar ses jaar
gelede begin om lyne uit ‘n
soortgelyke agtergrond te ont-
wikkel. Uit hierdie projek is
drie kultivars geregistreer. In
die huidige seisoen se kulti-
varproewe op Kameel, Amalia,
Hartswater en Bultfontein ver-
toon al drie reeds baie goed.
Ons sien egter nie dat ‘n
kultivar tot ‘n radikale verskil
in opbrengs gaan lei nie. Daar-
om kyk ons indringend na ver-
bouingspraktyke. Die breë sie-
ning vandag verskil weinig van
die wat in bedryf is in die tyd
van die Oliesaderaad. Derhal-
we word veranderde verbou-
ingspraktyke reeds by verskeie
produsente toegepas.
Verder, uit ons navorsing,
het dit duidelik geword dat
‘n verlengde groeiseisoen by
hoër-liggende gebiede daarop
dui dat die plant se genoom
gekodeer is vir X-hoeveelheid
plantmateriaal. So byvoorbeeld
sal Tufa aansienlik meer vege-
tatiewe groei as Kwarts hê.
Met ‘n stikstofbemesting sal
die vegetatiewe komponent ten
koste van die reproduktiewe
gestimuleer word. Ons het ook
reeds bewys dat die omgekeer-
de waar is. Verdwerging van
die bo-groei (chemies) gee aan-
leiding tot ‘n verhoogde repro-
duktiewe komponent. Só het ‘n
40%-verdwerging gelei tot ‘n
verdubbelling van peuldrag.
Ons volgende stap is om die
benutting van bemesting by
C4-plante, by C3-plante soos
grondbone na te boots.
Met die beskikbaarheid van water in die 2014-aanplanting kon
ons met bogemelde aanpassings onder besproeiing op drie sirkels
meer as 8 ton peule per hektaar afhaal. Hierdie navorsing word nou
verder gevoer.
SCHALK VAN WYK,
Golden Peanut & Tree Nuts
FOKUS
Grondbone
Spesiale
Produk-inligting
25