

FOKUS
Grondbone
Spesiale
Februarie 2017
22
Riglyne vir grondboonkultivars
onder besproeiing
G
rondboonproduksie gaan gepaard met baie vrae wat
deur die produsent gevra moet word, soos watter kultivar
en tipe grond die geskikste gaan wees om die hoogste
opbrengs te lewer.
Grondbone lewer die beste kwaliteit en opbrengste op sanderige
grondtipes, ongeag die kultivarkeuse. Dit is belangrik vir die produ-
sent om in oorleg met die verwerker met wie daar ‘n produksie-
kontrak gesluit is, te onderhandel oor die kultivars wat tans binne
die fabriek se saadskema beskikbaar is. Die nodige inligting van
die beskikbare kultivars kan dan ingewin word sodat die produsent
die bes ingeligte besluit kan neem rakende die kultivars wat die
beste binne ‘n spesifieke produksiegebied presteer.
Dit is egter nie net grondtipe en kultivarkeuse wat goeie opbreng-
ste verseker nie. Korrekte bestuurspraktyke, soos waterbestuur
gedurende elke groeistadium van die grondboon, is ook van uiter-
ste belang.
Grondbone se groeiseisoen kan in drie fases verdeel word, naam-
lik voor-blom/blom, ankervorming/peulset en peulvulling/volwas-
senheid. Voordat die grondboon begin blom, is die plant in ‘n
vegetatiewe stadium van groei; die reproduktiewe stadium begin
wanneer die plant begin blom en loop regdeur die fases van
peulvorming en volwassenheid.
Die plant se waterbehoeftes verskil tydens elke groeifase
(
Figuur 1
). Dit is hier waar besproeiing die verskil maak tussen
ekonomiese sukses of mislukking.
Die voordele van besproeiing kan soos volg opgesom word:
Goeie onkieming van saad is verseker.
Waterbeskikbaarheid regdeur die groeiseisoen is verseker.
Produksierisiko’s is verminder.
Die korrekte werking van onkruiddoders is verseker.
Peule word eenvormig ryp.
Opname van voedingstowwe vanuit die grond word verbeter.
Hittestremming word verminder.
Die oesproses word vergemaklik deurdat die grond nie droog is
tydens oestyd nie.
Aflatoksienvlakke in peule en pitte is laer.
Daar kan duidelik uit Figuur 1 afgelei word dat die waterbehoefte
van grondbone drasties toeneem namate die peulset- en peulvul-
LOUREINE MULLER,
LNR-Instituut vir Graangewasse, Potchefstroom
Nota: Meer eenvormingheid van koëffisiënt verseker nie meer opbrengs as daar nie aan die gewaswaterbehoefte voldoen word nie en daar tekorte ontstaan.
Die genoemde Kc-waardes is slegs gemiddeldes. Lokale waardes mag verskil as gevolg van mikroklimaatsfaktore en terrein.
Figuur 1: Beskrywing van gewaskoëffisiënt vir die verbouing van grondbone.
Bron: Crop Water Management, AGLW Water Management Group;
http/
/www.fao.org/nr/water/cropinfo_groundnut.html