

15
February 2017
Uit die aard van ooreenkomste met die entiteite wie se regte
beskerm moet word, is daar streng beperkings wat gestel word op
die beskikbaarstelling van inligting uit hierdie proewe...wat dan ook
as ‘n groot frustrasie in die opname aangedui is.
‘n Daadwerklike poging sal in die toekoms aangewend word om
beskikbare inligting aan die bedryf oor te dra, terwyl alle sorg
gedra sal word om telersregte te beskerm en sodoende die Suid-
Afrikaanse bedryf as verantwoordelike vennoot te promoveer.
Tydens die Oktober-vergadering van die SAGF het dit ter sprake
gekom dat, bo en behalwe die soeke na nuwe en beter kultivars,
daar ook ‘n behoefte is aan die deurlopende evaluering van
bestaande, plaaslik-geregistreerde kultivars. Hierdie hoofsaaklik
LNR-, maar ook privaat-ontwikkelde kultivars, is voorheen vir ‘n
aantal jare by amptelike proewe ingesluit om data onder verskil-
lende omstandighede beskikbaar te stel en is uit ‘n navorsings-
oogpunt as voldoende beskou.
Uit bedryfsgeledere is daar egter besluit om ‘n taakspan
saam te stel wat, onafhanklik en in samewerking met die LNR,
evalueringsproewe sal laat aanplant en bestuur ter bevesti-
ging van hoe hierdie bestaande kultivars onder huidige omstan-
dighede vaar.
Die aanduiding van die taakspan is dat opedae vir Maart vanjaar
beplan word, waar produsente en ander belangstellendes meer
inligting kan bekom. Hierdie inligting sal ook deur die SAGF, LNR,
Graan SA en ander kanale beskikbaar gestel word.
Die SAGF is verder in die proses om hierdie jaar ‘n kultivarhand-
leiding saam te stel wat al die eienskappe van geregistreerde
kultivars sal opsom.
Daar is geen twyfel dat die grondboonbedryf verskeie groot uit-
dagings in die oë staar nie. Juis daarin lê ons potensiaal en voor-
neme egter – om beperkings trompop aan te durf en nooit bes te
gee in ons soeke na beter oplossings nie – op individuele vlak, maar
veral ook as medewerkers in ‘n groter milieu.
Indien jy enige navrae of kommentaar het, sien ons uit om van jou
te hoor. Stuur gerus ‘n e-pos na
groundnutforum@opot.co.zaof bly
op hoogte deur op ons webtuiste in te skakel by
www.sagroundnut.com
vir brokkies inligting en toegang tot riglyndokumente.
Jy kan ook meer oor die werksaamhede van OPOT en die OAK te
wete kom deur hul webblad by
www.opot.co.zate besoek.
Is die Grondboonforum op koers?
dat insetkostes wat tydelike arbeid betref, gaan styg. Toesig op die
land is ook van groot belang om te verseker dat die hopies op die
korrekte wyse gepak word (
Foto 3
).
Daar is al telkemale gevind dat hopies binne 24 uur omval, aange-
sien die basis van die hopie nie korrek gepak is nie. Swak hopie-
basisse veroorsaak ook dat die onderkant van die hopie klam bly
en skade aan die oes veroorsaak.
Onthou dat die hopiepakmetode sterk aanbeveel word vir
saadvermeerdering, aangesien die kwaliteit gelewer baie hoog is
en die stadige droogmaakproses binne die hopies voordelig is vir
die ontkieming van die saad gedurende die volgende seisoen se
aanplantings (
Foto 4
).
Die meganiese oesproses kan in twee afdelings verdeel word,
naamlik massalewering of in-saklewering. Indien daar op die mas-
salewering van grondbone besluit is, moet dit in oorleg met ‘n ver-
werkingsaanleg wat wel oor drogingsfasiliteite beskik, gedoen word.
Oesdatums sal ook gekoördineer moet word om sodoende plek
in die drogingsaanleg te verseker. Tydens die oesproses is dit be-
langrik dat gelet moet word op afdroog in windrye. Aanlegte
verkies dat grondbone op ‘n vogpersentasie van 18% gelewer
word, aangesien dit die tyd van afdroog binne die drogingsaan-
legte verkort.
Hierdie metode word glad nie aanbeveel vir saadvermeerdering
nie, aangesien vermenging ‘n groot probleem is. Massalewerings
word ook in massastore geberg – wat verhoed dat saadlotte uit-
mekaar gehou kan word.
Wanneer die oesproses in sakke geskied, is die voordeel dat die
oes wel meganies geoes kan word. Weer eens is die vogpersentasie
belangrik by die pluk van die bone. Die duimreël hier is ook ‘n
vogpersentasie van 18% met pluk.
Verder kan die saadlotte ook by die verwerkingsaanleg uitmekaar
gehou word – wat waarneembaarheid vergemaklik. Daar is egter
een probleem met in-sakoes: Die sakke het ‘n neiging om voete te
kry...wat ‘n negatiewe effek of die finale opbrengssyfers het.
Soms speel die weer nie saam gedurende oestyd nie. Droogte
gedurende die uithaalproses kan veroorsaak dat meganiese toe-
rusting nie doeltreffend werk nie en daar oorgeslaan moet word
na die konvensionele oesmetodes waar snylemme met swaar ge-
wigte gebruik word om harde grond te penetreer.
Selfs wanneer daar te veel reën gedurende die oestydperk voor-
kom, sal daar planne beraam moet word om die grondbone te oes.
In dié geval sal die produsent moet terugval op die hopiepakme-
tode om sodoende sy oes te red.
Net soos tydens planttyd, is daar baie besluite wat gedurende
oestyd geneem moet word. Die buigbaarheid van die
grondboonprodusent se planne in hierdie tyd bepaal
op die ou einde die sukses van sy grondboonoes.