

FOKUS
Grondbone
Spesiale
Februarie 2017
18
Maak die verbouing van
grondbone ekonomiese sin?
‘n
Groot aantal produsente beweeg weg van of oorweeg
nie die verbouing van grondbone nie. Daar is verskeie
redes wat aangevoer word waarom produsente die
verbouing van grondbone staak of ter syde stel. Sekere
aspekte is waar, terwyl ander op persepsies gegrond word.
Dit bly egter belangrik om ondersoek in te stel waarom produsente
die produksie van grondbone laat vaar, sodat bestaande en nuwe
toetreders hierdie aspekte kan ontleed en oplossings vir die
probleme kan vind.
Bestuursintensiewe gewas
Talle produsente noem eerstens dat grondbone ‘n arbeidsinten-
siewe gewas is. Dit is waar, maar in die eerste plek is dit eerder ‘n
bestuursintensiewe en spesialisgewas.
Grondbone is ‘n gewas wat deur ‘n menigte peste en plae geteister
word. As jy as bestuurder nie bykans daagliks deur hierdie gewas
loop nie, kan siektes ‘n groot gedeelte van jou winste erodeer. Dit
is ‘n gewas wat eerder proaktief as reaktief bestuur moet word. As
bestuurder is jou tyd beperk. Beplan dus vooraf sodat jy genoeg
tyd aan die gewas sal kan afstaan.
Grondbone benodig spesialis-implemente en toerusting om dit op
die regte tyd verbou te kry. Doen jou beplanning daarvoor vooraf.
Maak veral seker of die spuit alle gewasse tydig sal kan spuit. In-
dien jy besluit om grondbone te verbou, moet jy aktief op die
verbouing van die gewas bly fokus.
Kennis is mag
Berei jouself voor deur op hoogte met hierdie gewas se verbouing,
siektes en hulpbronvereistes te wees en jouself jaarliks op te skerp
om probleme vroeg genoeg te identifiseer. Weet waar om te gaan
aanklop om probleme op te los.
Maak in die eerste plek seker dat jou hulpbronne by die verbouing
van grondbone pas. Is jou grond se kleipersentasie gepas vir
grondboonverbouing? Is daar nie dalk verdigtingslae nie? Is die
grond nie moontlik te vlak sodat gewasse sal versuip nie? Hoeveel
reën kry jy en is die verwagte reënvalpatroon gepas vir die vogbe-
hoeftes van grondbone?
Arbeid tap enige bestuurder se energie. Om toesig te hou, is
noodsaaklik en daarom moet jy alles in jou vermoë doen om jou
arbeiders so effektief en doeltreffend moontlik te laat werk. Oplei-
ding van permanente werkers is ‘n voorvereiste.
Die meerderheid werkers ken nie meer grondboonverbouing nie
en daarom moet hulle opgeskerp word om hierdie gewas te leer
ken om dit te kan verbou. Die identifisering van probleme is nie
eenvoudig nie en oplettendheid is noodsaaklik om die gewas te
kan bestuur.
Peste en plae
Maak ‘n studie van watter siektes, peste en plae jou grondboon-
produksie kan benadeel. Sommige van die swamme en bakterieë
kan deur weerstandige kultivars beheer word, maar die tydige
chemiese beheer daarvan is essensieel. Dit is belangrik dat hier-
die siektes en plae jou nie onkant betrap nie. Blaarvlek en onkruid
is uitdagings wat opbrengste vinnig benadeel. Gee prioriteit aan-
dag hieraan.
Die gebruik van geregistreerde chemiese produkte is ‘n voorver-
eiste. Daar is tans heelwat goeie onkruiddoders beskikbaar wat
in staat is om grondboonlande onkruidvry te hou. Praat gerus met ‘n
chemiese verteenwoordiger hieroor.
Aalwurms se bydrae tot opbrengsverlies is verseker beduidend.
Die bestuur van hierdie klein, maar effektiewe winsdiewe is be-
langrik. Vind uit watter tipe aalwurms kom in jou lande voor en
kies die regte kultivars wat die meeste verdraagsaamheid vir die
spesifieke aalwurms toon. Dit is egter belangrik dat die aalwurms
op die regte tyd met die regte middels behandel word. Chemiese
beheer van aalwurms moet met jou chemiese verteenwoordiger
bespreek word.
Bewerking
Die bewerking van grondbone hou verseker uitdagings in. Die
algemene aanbeveling is om die lande fyn en gelyk voor-plant
te bewerk en om die saad vlak te plant – met die gevolg dat wind
‘n groot uitdaging kan wees. Veral in die weste waar sandgronde
grootliks voorkom, is die risiko van windskade beduidend. Neem
dus vroegtydig stappe om windskade te beheer.
Enige opvolggewas vir grondbone gaan ook heelwat blootgestel
wees aan windskade. Die uithaal van grondbone en die wegneem
van die oesreste laat die grond kaal met ‘n uitstekende kans vir
windskade. Om dié rede is gewasbeplanning van kardinale belang
– nie net oor wát geplant kan word nie, maar ook of grondbone nie
deur onkruiddoders wat op vorige gewasse gebruik is, benadeel
sal word nie. Maak ook aktief planne om die windskade vir die op-
volggewas te beperk.
Weens die laat reën was die plantvenster van grondbone die afge-
lope paar jaar uiters kort. Jy moet besef as jy wil aanhou grondbone
plant, moet jy jouself in staat stel om die grondbone binne die
beskikbare kort tydjie geplant te kry. Hou die lande se bewerking,
vogbestuur en onkruidbestuur op standaard, want met die eerste
reën sal daar dalk geplant moet word. Die essensie van grondvog
tydens plant kan nie oorbeklemtoon word nie.
Die tydige uithaal van grondbone is van kardinale belang. Die uit-
haalproses moet binne drie weke afgehandel wees. Beplan dus
sodat jy die kapasiteit het om dit te kan doen. Hierdie proses kan
heelwat arbeid benodig of dit moet gemeganiseer word. Bepaal
vooraf of dit ekonomiese sin maak om te meganiseer. Dit is onge-
lukkig duur om te meganiseer of om die toerusting vir grondboon-
verbouing te bekom.
Kapitale uitleg
Skaalvoordele is ook belangrik by grondboonverbouing. Daar
moet genoeg oppervlakte geplant word om die ekstra masjinerie
PIETMAN BOTHA,
SA Graan/Grain
medewerker