

FOKUS
Grondbone
Spesiale
14
GRONDBOONOESTYD:
‘n Paar wenke vir sukses
D
eur die hele groeiseisoen probeer die produsent sy beste
om ‘n goeie oes te lewer. Daar is wel ‘n klomp faktore
soos plantdiepte, siektedruk en waterbeskikbaarheid wat
‘n groot rol in die opbrengspotensiaal van grondbone
speel, maar die grootste invloed op die kwaliteit van grondbone
is die bepaling van die korrekte oesdatum en oespraktyke wat ge-
volg word.
Dit is nodig dat produsente alreeds teen 130 dae na-opkoms ge-
reeld monsters trek om ‘n rypheidsbepaling te doen. Soos die dae
aanstap na 150 dae na-opkoms, sal die verkleuring binne die peule
aanduiding gee van die rypheidsgraad van die aanplanting (
Foto 1a
en
Foto 1b
).
Waak daarteen om die rypheidsbepaling volgens die peulkrapme-
tode te doen, aangesien dit nie ‘n werklike weerspieëling van die
rypheidsgraad in Suid-Afrika is nie.
Om ‘n goeie opbrengs te verseker, moet die produsent al by plant-
tyd begin, waar planters by die uithalers aangepas moet word.
Swak onkruidbeheer tydens die groeiseisoen beïnvloed die oes-
proses negatief, aangesien probleme met verstopping van uithalers
en grootskaalse oesverliese voorkom.
Die beskadiging van peule tydens die oesproses moet verminder
word. Dit is nodig om uithalers tydens die oesproses gereeld na te
gaan om te verseker dat die werking daarvan so sagkens as moont-
lik geskied om peulbeskadiging tot ‘n minimum te beperk (
Foto 2
).
Die volgende besluit wat die produsent moet neem, is die keuse
tussen hopies pak, in sakke of losmaat lewer. Daar is baie voordele
sowel as nadele verbonde aan elkeen van hierdie oespraktyke.
Wanneer die produsent op die hopiepakmetode besluit, gaan hy
beslis met ‘n hoëkwaliteitproduk eindig, maar dan moet hy besef
LOUREINE MULLER,
LNR-Instituut vir Graangewasse, Potchefstroom
1a: Rypheidsbepaling waar grondbone slegs 25% rypheid toon.
1b: Rypheidsbepaling waar grondbone 71% rypheid toon.
2: ‘n Grondboonuithaler is aangepas by die planterrye.
3: Korrekte pakmetode vir ‘n hopiebasis.
4: Grondboonhopies word gepak vir saadvermeerdering.
1a
3
4
1b
2