

FOKUS
Grondbone
Spesiale
Februarie 2017
16
Grondboongradering onder die loep
W
at is die werklike verskil tussen standaardgradering
en wanneer grondboongradering opgedeel word in
keur 1 en keur 2 asook pers 1 en pers 2?
As vertrekpunt is dit nodig om uit te lig dat die gradering van
produsentegrondbone nie gereguleer word nie en daarom word
daar vir etlike jare al graderings gedoen volgens ‘n graderingsriglyn
wat deur die bedryf aanvaar was. Hierdie graderingsriglyn is
tot dusver met groot sukses aangewend om die waarde van
produsentegrondbone (hetsy in gedopte of ongedopte vorm) te
bepaal, maar soos met alles is dit soms nodig om te vernuwe.
Die vraag wat met reg gevra kan word, is: Wat is die rede vir die
voorgestelde wysigings aan hierdie graderingsriglyn?
Die rede hiervoor is bloot dat daar ‘n behoefte bestaan om die
gradering verder te verfyn om die produsent sodoende direk te
vergoed vir die kwaliteit van sy grondbone – hetsy goeie kwaliteit of
slegte kwaliteit.
Daar is twee fasette wat geraak word met die wysiging, naamlik die
opdeel van keurgraad in twee grade en die opdeel van persgraad in
twee grade.
Die opdeel van grade het ten doel om ‘n prysverskil in te
bou en sodoende die produsent wat ‘n beter kwaliteit lewer,
dienooreenkomstig te vergoed.
Keurgraad
Die standaardgradering verwys na keurgraad as ‘n enkele begrip
en sluit in alle groottes eetmark-grondbone wat tydens die sifaksie
bo-op die 6,75 mm-gleufsif agterbly. (Met eetmarkgrondbone word
bedoel alle grondbone wat oorbly nadat defekte pitte verwyder is.)
Grondbone wat tydens die sifaksie deur die 6,75 mm-gleufsif val, is
te klein en daar kan nie daarna as keurgraad verwys word nie.
Die nuwe riglyn wat voorgehou word (keur 1 en keur 2), veronderstel
‘n opdeling van die keurgraadpitte. Daar word tydens die sifproses
nog ‘n sif tot die rak van siwwe bygevoeg. Die groter addisionele
sif, naamlik die 7,50 mm-gleufsif word bo-op die 6,75 mm-
gleufsif gebruik om sodoende die keurgraad te verdeel in kleiner
keurgraadpitte (die pitte wat bo-op die 6,75 mm-gleufsif agterbly)
en groter keurgraadpitte (die pitte wat bo-op die 7,50 mm-gleufsif
agterbly).
Die motivering vir hierdie skeiding van keurgraadpitte is om ‘n
prysverskil tussen die groter pitte (hoër prys) en kleiner pitte (laer
prys) daar te stel.
In wese word die beginsels van die vorige standaardgradering
steeds dieselfde toegepas.
Persgraad
Die standaardgradering verwys na persgraad as ‘n enkele
begrip en sluit die volgende pitte in by die bepaling van die
persgraadpersentasie:
Ongesonde pitte wat by keurgraadbepaling hierbo verwyder
word.
Alle defekte pitte wat van die 6,00 mm-gleufsif verwyder word.
Ongesonde en vuilgesmeerde, gesplete pitte wat op die
7,20 mm-rondegatsif agterbly.
Alle heel pitte wat tydens sifaksie op die 7,20 mm-rondegatsif
agterbly.
Alle pitte wat tydens sifaksie deur al die siwwe beweeg en in die
pan eindig.
Bogemelde pitte sou dan gesamentlik geweeg word, ‘n persentasie
bepaal word en die produsent sal daarvolgens vergoed word teen ‘n
persgraadprys.
Die nuwe riglyn wat voorgehou word as pers 1 en pers 2, veronderstel
egter ‘n opdeling van die persgraadpitte.
Daarvolgens word tydens die graderingsproses ‘n onderskeid getref
tussen eetbare persgondbone en oliepersgrondbone, deurdat
gebruik gemaak word van ‘n addisionele 5,15 mm-gleufsif wat ty-
dens die sifproses bo-op die pan ingesluit word.
Die motivering vir hierdie skeiding van persgraadpitte is om
sodoende die persgraad te verdeel in eetbare persgondbone (met
hoër prys) en oliepersgrondbone (met laer prys).
Eetbare persgrondbone sal bestaan uit die somtotaal van:
Pitte wat op die 5,15 mm-gleufsif agterbly nadat ongesonde pitte
verwyder is.
Heel pitte wat op die 7,20 mm-rondegatsif na die sifproses
agterbly.
Oliepersgrondbone sal bestaan uit die somtotaal van:
Ongesonde pitte wat na die sifproses op die 7,50 mm- en
6,75 mm-gleufsiwwe agterbly.
Defekte pitte wat na die sifproses op die 6,00 mm-gleufsif
agterbly.
Ongesonde en vuilgesmeerde pitte wat na die sifproses op die
7,20 mm-rondegatsif agterbly.
Ongesonde pitte wat na die sifproses op die 5,15 mm-gleufsif
agterbly.
Alle pitte wat tydens sifaksie deur al die siwwe beweeg en in die
pan eindig.
In wese word die beginsels van die vorige standaardgradering steeds
dieselfde toegepas in die nuwe formaat, maar met twee verskille:
Die produsent met ‘n beter kwaliteit produk sal beter vergoeding
ontvang vir keur 1- en pers 1-grade, soos duidelik weerspieël word
in
Tabel 1
.
NEELS WEGNER,
produkspesialis: Gauteng, PPECB
GRAAD
STANDAARDGRADERING
NUWE GRADERING
Keur 1
48,17%
24,38%
Keur 2
23,79%
Standaard 1
Standaard 2
Divers
28,41%
28,41%
Pers 1
23,41%
22,11%
Pers 2
1,3%
TABEL 1: ’N VOORBEELD VAN GEMIDDELDE GRADERING TUSSEN 2014 EN 2016.