

FOKUS
Grondbone
Spesiale
Februarie 2017
24
Gebeure in die grondboonlande:
Februarie tot Maart
V
ir die grondboonprodusent is dit uiters belangrik om ge-
reeld in sy grondboonlande te kom – veral gedurende
die middel van die groeiseisoen. Gereelde inspeksie van
die lande vir die voorkoms van blaarsiektes is nou baie
belangrik. Daar moet onthou word dat voorsorg beter is as nasorg.
Vroegtydige opsporing en identifikasie van blaarsiektes beteken
voorkoming van opbrengsverliese.
Die groot geheim waarvan elke grondboonprodusent moet weet, is
hoe om na sy grondboonplante te “luister”. Hoe word dit gedoen?
Kennis van hoe ‘n grondboonplant groei, peule vorm en die hele
proses deur middel waarvan grondbone voedingstowwe opneem
en versprei, kan baie kopkrap vir produsente spaar. ‘n Grondboon
is nie ‘n mielie nie en moet ook nie te veel vertroetel word met
onnodige blaarvoedings nie.
Die belangrikste voeding wat ‘n grondboon benodig, is gips- en
mikro-elementtoedienings. Kalsium en boor is twee van die belang-
rikste elemente wat ‘n goeie kwaliteit oes verseker.
Kalsium is verantwoordelik vir die versterking van die peul self,
asook die kwaliteit van die pitte. Dit is een element wat nie afwaarts
in die plant verplaas word nie, aangesien die grondboonpeule
kalsium direk deur die peulwand opneem. Dit is baie belangrik om
te verseker dat daar voldoende beskikbare kalsium binne die
peulsone beskikbaar is.
Boor, aan die ander kant, word afwaarts verplaas en daarom is
blaartoedienings voldoende vir die aanvulling van tekorte. Boor
is veral belangrik waar saad geproduseer word. Boortekorte kan
kiemingsprobleme veroorsaak en waar erge tekorte voorkom, ver-
oorsaak dit
hollow heart
, waar die pit hol aan die binnekant voor-
kom en maklik split. Dit is dan wanneer daar ‘n swart verkleuring
aan die binnekant van die pit voorkom.
Vergeling van grondboonplante beteken nie dat daar ‘n stikstofte-
kort voorkom nie, maar eerder ‘n ystertekort. Korrekte diagnosering
word vergemaklik deur blaaranalises. Grondbone produseer hul
eie stikstof en daar moet dus nie ekstra stikstof toegedien word
nie, aangesien die ekstra voeding die plant in ‘n groeifase gaan
indwing. Dit moet vermy word, aangesien grondbone nie voer moet
produseer nie, maar eerder peule.
Die grondboon se meganisme tot oorlewing is om saad te produ-
seer en daarom moet toestande só gereguleer word dat daar
eerder optimale saadproduksie verkry word as blaarproduksie.
Afhangende van die plantdatums van grondboonaanplantings
moet produsente gehoor gee aan onthoudingstydperke vir enige
chemiese middels wat op grondbone toegedien word. Verder moet
tred gehou word met watter middels wel geregistreer is vir die
gebruik op grondbone. Hierdie punt is van groot belang, aangesien
daar vereistes is waaraan voldoen moet word rakende Good
Agricultural Practices (GAP)- en Hazard analysis and critical control
points (HACCP)-protokol.
Terwyl die grondbone nog aan die groei is, skep dit ‘n gulde
geleentheid vir die grondboonprodusent om oesgereedskap en
-implemente na te gaan en die nodige dienste uit te voer. Hierdie
proses bevorder ‘n gladde en probleemlose oestyd. Korrekte be-
planning vanaf planttyd verseker aanpasbaarheid van rywydtes by
die soort uithaler wat gebruik gaan word (
Foto 1
).
Teen Maartmaand is dit reeds tyd om rypheidsbepalings te doen
– veral op vroeë aanplantings wat teen die einde van die maand
geoes moet word. Maak seker dat grondbone op die optimale
tyd geoes word om sodoende die beste kwaliteit produk te ver-
seker (
Foto 2
).
Goeie beplanning bring goeie opbrengste. Wees
gedurende hierdie tyd paraat in die grondboonlande.
‘n Misstap nou beteken ‘n verlies in oestyd.
LOUREINE MULLER,
LNR-Instituut vir Graangewasse, Potchefstroom
1: Die uithaler is aangepas by rywydtes wat die oesproses
vergemaklik.
2: Rypheidsbepaling.
1
2