

stadium ingegaan word en dat daar gedurende hierdie stadium
gewaak moet word teen vogstremming.
Dit is egter baie goed om te verstaan wat die waterbehoefte van
die grondboon regdeur die groeiseisoen is sodat korrekte besluite
geneem kan word.
Wanneer daar na die vroeë seisoen se waterbehoeftes gekyk word,
is dit duidelik dat daar gedurende ontkieming ‘n kritiese periode is
waar sade ongeveer 50% van hul eie gewig aan water moet opneem
voordat die ontkiemingsproses kan plaasvind.
Dit is waar droë gronde en droogtetoestande ‘n groot invloed op
die ontkieming van grondbone het en vertragings kan veroorsaak.
Hierdie vertragings kan regdeur die seisoen komplikasies vir
gewasbestuur veroorsaak, veral as die gewas se sade lank neem om
te ontkiem.
Swak stand en saailingsiektes met ‘n uiteinde van verlies in op-
brengs, veroorsaak probleme vir die produsent. Die korrekte wer-
king van vooropkomsonkruiddoders moet ook nie uit die oog
verloor word wanneer dit kom by korrekte besproeiingskedule-
ring nie.
Die reproduktiewe stadium van die grondboonplant geskied reg-
deur die midseisoen en dit is gedurende hierdie tydperk wat die
wateraanvraag van grondbone op hul hoogste is. Besproeiing voor-
sien konstante watervoorsiening gedurende hierdie tydperk en
verbeter blom- en ankervorming sowel as peulset.
Enige waterstremming gedurende die reproduktiewe stadium van
groei beïnvloed die oopmaak van die grondboonblommetjies, as-
ook die penetrasie van die ankers binne die grondoppervlak – wat
alles kan lei tot verlies in opbrengs.
Na die afloop van ongeveer 110 tot 120 dae na plant bereik die
meeste peule volwassenheid en begin die peule ‘n fase betree
waarin die peule begin ryp word tot oestyd. Die aktiewe groei van
die plant neem ook in hierdie fase af – wat daartoe bydra dat die
wateraanvraag van die plant dienooreenkomstig afneem.
Daar moet op hierdie stadium gewaak word teen te veel vog in die
peulsone aangesien die teenwoordigheid van oormaat vog dan lei
tot peulsiektes.
Besproeiing het die voordeel dat grondvog op só ‘n vlak gehou
kan word wat die oesproses van grondbone vergemaklik en tot die
minimum verliese van peule gedurende die oesproses lei.
Die uiteinde is dus dat dit nie net keuse ten opsigte van kultivar en
grondtipe is wat die beste opbrengste lewer nie, maar ook die korrek-
te besproeiingsbestuur gedurende die verbouing
van grondbone – en dit is waarop elke produsent
moet oplet. Grondbone bly ‘n wenner.
Dit is nie net keuse van kultivar en grondtipe wat die beste opbrengste
lewer nie, maar ook die korrekte besproeiingsbestuur gedurende die
verbouing van grondbone.