

FOKUS
Grondbone
Spesiale
Blaarsiektes:
Die spook in die grondboonland
S
poke kom en gaan en kan ‘n produsent baie keer laat kopkrap
– veral as dit die kwaliteit van sy oes gaan beïnvloed.
Blaarsiektes by grondbone kan waarlik as “spoke” geklas-
sifiseer word, aangesien van hulle net onder sekere omstandighede
te voorskyn kom. Daar kom egter groot probleme voor waar die
spoke ‘n werklikheid word en daarom moet produsente bewus
wees van watter tipes blaarsiektes onder watter omstandighede op
grondbone voorkom en hoe om hierdie “spoke” te beheer.
Algemene blaarsiektes waarop produsente moet let, is vroeë en
laat blaarvlekke (
Foto 1
en
Foto 2
), spatselvlek (
Foto 3
) en roes
(
Foto 4
). Om hierdie spoke in ‘n grondboonland te kan opspoor,
moet die blaredak oopgemaak word sodat die onderste blare
op die plant bestudeer kan word. Indien daar nie voorkomend vir
blaarsiektes gespuit word nie, is dit belangrik dat daar ‘n goeie
spuitprogram gevolg word sodra die eerste tekens van enige van
die gemelde siektes voorkom.
Die ander spook wat veral onder besproeiingsaanplantings voor-
kom, is
Botrytis
(
Foto 5
). Hierdie swam hou van omstandighede
waar die blaredak – veral onder digte aanplantings – nie behoorlik
afdroog nie. Hierdie siekte kan ‘n land binne drie weke laat ontblaar
as dit nie betyds waargeneem en behandel word nie. Wat die
Botrytis
-spook so gevaarlik maak, is dat dit ‘n groot afname in
kwaliteit van die oes veroorsaak – veral waar lande swaar besmet
is (
Foto 6
).
Korrekte landinspeksies is essensieel om te verseker dat siektes
betyds geïdentifiseer word. Blaarsiektes is geneig om op ‘n gedeelte
van die land uit te breek en dan van daar af te versprei. Indien
die gedeelte waar die besmetting begin het dan nie vroegtydig
geïdentifiseer word nie, sal die siekte verder versprei en ‘n verlaging
in opbrengs en kwaliteit veroorsaak.
Voorsorg is beter as nasorg.Hierdie stelling is vir die produsent
goud werd. Spandeer eerder meer tyd in die grond-
boonlande en verdryf sodoende die spoke betyds.
1: Vroeë blaarvlek op grondbone.
2: Laat blaarvlek op grondbone.
3: Spatselvlek op grondbone.
4: Roes op grondbone.
5:
Botrytis
op grondbone.
6: Saadbesmetting met
Botrytis
.
21
LOUREINE MULLER,
LNR-Instituut vir Graangewasse, Potchefstroom
1
4
5
6
2
3