

13
February 2017
in die Spaanse-tipe markomgewing en daar is ‘n algemene gevoel
dat die voordeel en pryspremie nie goedsmoeds versaak moet
word nie, maar dat daar geleentheid vir verskillende tipes is om
sodoende ‘n verskeidenheid markte te bedien...dit kom alles weer
neer op opbrengs en aanpasbaarheid in plaaslike omstandighede.
Respondente was verdeeld oor die vraag of die afwesigheid van
‘n deursigtige prysmodel ‘n stremmende effek op die plaaslike
bedryf het. Sekeres voel dat die vryemarkstelsel, waar pryse tussen
verwagtinge van die mark en dié van produsente bepaal word
voldoende is, terwyl ander meer skepties is. Hierdie aangeleent-
heid is ook deur die BFAP-verslag uitgewys en die bedryf sal in
die toekoms moet besin oor moontlike haalbare oplossings.
Vanuit produsentegeledere is aangedui dat daar onsekerheid en
selfs onkunde bestaan rakende die toepassing van graderings-
riglyne. Volgens regulasies is daar nie enige amptelike of geregu-
leerde produsentevoorraadstandaarde nie. Daar bestaan egter al
vir etlike jare ‘n “produsentevoorraadriglyn” wat tot ‘n mindere of
meerdere mate in die bedryf gebruik word.
Tydens die tweede SAGF-vergadering in 2015 is ‘n besluit geneem
dat die SAGF in die toekoms verantwoordelikheid vir hierdie
dokument sal aanvaar om sodoende toe te sien dat rolspelers
toegang het tot een standaardriglyn waarvan die toepassing dan
tussen kontrakterende partye ooreengekom kan word.
Die behoefte dat die riglyn hersien word, is ook tydens die ver-
gadering geïdentifiseer en ‘n projekaansoek sal ingedien word vir
die verdere uitbreiding daarvan om voorsiening te maak vir riglyne
rakende massa en “nat” innames deur aanlegte.
Hierdie projek sal vroeg in hierdie jaar vir finansiering voorgelê
word en, indien goedgekeur, oor twee seisoene deur die Bederf-
bare Produkte Uitvoerbeheerraad (PPECB) geloods word. Beide
die bestaande, en later ook opgedateerde, riglyn sal op aanvraag,
asook op die forum se webtuiste beskikbaar wees.
Produsente het voorts hul mening oor die belangrikheid van die
onderskeie produksiefaktore gegee. Dit word in
Tabel 2
saamgevat.
Elite-kultivarproewe
Met die doelwit om beter en meer geskikte kultivars in toekomstige
proewe in te sluit, word daar tans, ter ondersteuning van en via
die OAK en OPOT, gewerk om die bestuur en struktuur van die
Elite-kultivarproewe sodanig te wysig dat groter belangstelling by
internasionale kultivareienaars aangewakker kan word.
NIE BELANG-
RIK NIE
IETWAT
BELANGRIK BELANGRIK
BAIE
BELANGRIK
UITERS
BELANGRIK
BAIE EN
UITERS
BELANGRIK
(GEKOMBI-
NEERD)
Opbrengs
16%
84%
100%
Aalwurmweerstand
3%
3%
44%
50%
94%
Droogteverdraagsaamheid
3%
19%
28%
50%
78%
Groot pitte
0%
3%
28%
38%
31%
69%
Tipe (byvoorbeeld Spaans of ranker)
6%
10%
26%
16%
42%
58%
Kort groeiperiodes
6%
38%
25%
31%
56%
Ronde pitte
6%
16%
28%
19%
31%
50%
Taankleurig
19%
32%
23%
26%
48%
Dopsterkte
3%
16%
31%
25%
25%
50%
NIE BELANG-
RIK NIE
IETWAT
BELANGRIK BELANGRIK
BAIE
BELANGRIK
UITERS
BELANGRIK
BAIE EN
UITERS
BELANGRIK
(GEKOMBI-
NEERD)
Tekort aan nuwe, hoëopbrengskultivars
0%
0%
15%
35%
50%
85%
Mededingendheid van grondbone
0%
5%
15%
20%
60%
80%
Arbeidskwessies
15%
15%
10%
15%
45%
60%
Klimaat en weer
20%
0%
30%
10%
40%
50%
Winderosie
5%
5%
40%
20%
30%
50%
Tekort aan prysverskansings-
meganisme
10%
20%
30%
30%
20%
50%
Toegang tot tegniese kundigheid en
ondersteuning
10%
5%
35%
40%
10%
50%
Afwesigheid/nie-toepassing van
standaardgraderingsriglyn
10%
15%
40%
20%
10%
30%
Voedselveiligheidsvereistes op
plaasvlak
10%
30%
45%
5%
10%
15%
TABEL 1: MEES WESENLIKE KULTIVAREIENSKAPPE.
TABEL 2: DIE BELANG VAN DIE ONDERSKEIE PRODUKSIEFAKTORE.