Background Image
Previous Page  25 / 68 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 25 / 68 Next Page
Page Background

23

February 2016

2015 bykomende behandeling

Plant met ‘n NPK-mengsel wat Zn, S en B bevat.

Topbemes gips, bykomende kunsmis met dubbel die hoeveelheid

fosfaat.

Resultate

Uit

Tabel 2

en

Tabel 3

, asook

Grafiek 1

kan afgelei word hoe die

opbrengste met tydige toediening van die korrekte plantvoeding-

stowwe verhoog het.

Finansies

Vaste produksiekoste van grondbone

Die vaste produksiekoste van grondbone en gemiddelde totale

inkomste word in

Tabel 4

en

Tabel 5

weergegee.

Wins

Die netto wins per hektaar is R57 255 - R10 432 = R46 823/ha.

Kunsmis

Daar hoef slegs 0,24 t/ha ekstra grondbone gestroop te word om die

bemestingkostes te regverdig.

Bykomende inkomste met ekstra toediening

van fosfaat op Spilpunt 1

Die bykomende koste van die ekstra fosfaat beloop R437,68/ha,

maar die verhoging in inkomste was R3 145/ha. Dus word die inset

meer as sewe keer teruggekry. Sien ook

Tabel 6

.

Gevolgtrekking

‘n Noemenswaardige opbrengs en kapitale verhoging is deur die

toevoeging van bykomende kunsmis verkry. Die strewe na meer

winsgewende en volhoubare grondboonproduksie is daarom

moontlik deur oordeelkundige bemestingbestuur.

Toekomstige proewe

Vergelyking van 2013/2014- en 2014/2015-praktyke in een

seisoen.

Toediening van bykomende kunsmis as topbemesting tot die

ekonomiese draaipunt verkry word.

Kontak gerus vir Kobus Coetzee by 079 187 0842 of Johan Viljoen by

083 289 4977 vir enige verdere navrae.

Besproeiingsgrondbone

Graan SA

/

Sasol Base Chemicals fotokompetisie

Graan SA sê dankie aan

GRONDBOONVERWERKERS

G

edurende die afgelope seisoen is verskeie grondboon-

verwerkers besoek en is samewerkingsooreenkomste

tussen Graan SA en die verskeie verwerkers onderteken.

Graan SA se doel is steeds om met alle verwerkers

samewerkingsooreenkomste te onderteken.

Verskeie van die grondboonverwerkers het ook reeds ingespring

om te help met die vordering van heffings nadat produsente

toestemming daartoe verleen het.

Tot einde November verlede jaar is daar reeds heffings ontvang vir

13 196 ton grondbone, wat 9 301 ton meer is as die vorige seisoen.

In vergelyking met vorige jare, is dit voorwaar ‘n groot stap in

die regte rigting en Graan SA wil sy opregte dank en waardering

uitspreek teenoor die verwerkers wat reeds gehelp het om heffings

te vorder en oor te betaal na die organisasie.

Grondboonverwerkers wat reeds gehelp het met die vordering van

heffings, is:

Francois Minnaar

Golden Peanuts

Roba Neute

Qualita Seeds

Graan SA wil verder ook sy dank uitspreek teenoor produsente

wat toestemming verleen vir die vordering van die heffings, asook

produsente wat so getrou hul heffings direk aan die organisasie

oorbetaal.

DIRK KOTZE,

ledebemarking- en kommunikasiebeampte: Graan SA