Background Image
Previous Page  31 / 68 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 31 / 68 Next Page
Page Background

FOKUS

Grondbone

Spesiale

Grondboonproduksie

– die nuwe era

B

ruikbare grond in Suid-Afrika vir grondboonproduksie is beperk en word soms

onderdruk deur kompeterende gewasse soos mielies. Die 2013/2014- 2014/2015-

en 2015/2016-seisoen is gekenmerk deur erge droogtes wat tot baie groot plaaslike

tekorte gelei het.

Prysverhogings is kenmerkend aan 2016 en word grootliks toegeskryf aan ‘n tekort binne-

lands terwyl die wisselkoers ook die vuur aanblaas. Verder het die Suid-Afrikaanse Inkom-

stediens (SAID) ook ‘n 10%-invoerheffing op geblansjeerde grondbone ingestel. Dit beteken

‘n verdere prysstyging in produsente- en verkooppryse.

Suid-Afrikaanse grondbone baie gewild

Suid-Afrikaanse grondbone is gewild as gevolg van ons grondbone se pitgrootte, pit-

vorm en algemene goeie kwaliteit. Hierdeur verdien Suid-Afrikaanse grondbone ‘n premie

op die internasionale mark teenoor die Runner-tipe grondbone.

GWK se grondbone is veral gesog in die buiteland en geniet voorkeur by kopers in Japan

en Europa. Verbeterings, wat insluit kultivarontwikkeling en verbeterde oesprosesse, sal

die produksie kan verhoog tot op vlakke waar min ander gewasse kan kompeteer.

Prysverhogings in 2016 plaas druk op die binnelandse mark. Dit kan die verkoopbare volume

onder druk plaas. Veral die informele mark kan hierdeur geraak word.

Navorsing essensieel

Navorsing in die grondboonbedryf is van groot belang vir die nuwe era in boerdery. Dit is

veral die gebrek aan nuwe kultivars wat die bedryf onder druk plaas. Mielie-oeste het die

afgelope paar jaar verdubbel as gevolg van voortdurende navorsing en verbeterde kultivars

terwyl grondbone steeds op ou kultivars moet staatmaak. Kultivarontwikkeling is daarom

veral belangrik om opbrengs te verhoog en om kultivars te kry wat beter aangepas is vir

Suid-Afrikaanse klimaatstoestande.

Verder is verhoogde weerstand teen plantsiektes en plae soos aalwurm ook belangrik.

Kopers sal ook verkies dat die nuwe kultivars hoë oleïenkultivars is, aangesien dit ‘n ver-

beterde rakleeftyd het en boonop gesondheidsvoordele inhou. Die kopers van Suid-

Afrikaanse grondbone verkies ‘n ronde pitvorm wat ‘n 60/70- of 50/60-pitgrootte is.

‘n Studie oor die interaksie tussen plant- en grondveranderlikes moet onderneem word

om sodoende die impak van die grond se fisiese en chemiese karaktereienskappe te

kwantifiseer. Die grondboonplante se groeidinamika, naamlik plantdiepte en digtheid, moet

ook gekwantifiseer word. ‘n Gebrek aan staatsondersteuning maak die proses stadig en

befondsing van navorsing moet elders bekom word.

GWK ondersteun grondboonprodusente

Hewige droogtes in die Vrystaat en Noord-Kaap laat produsente twee keer dink voordat

kosbare water op hul grond uitgespuit word. Met besproeiingskedulering kan die regte

hoeveelheid water op die regte tyd besproei word. Skedulering maak dit moontlik om die

plant se behoeftes aan water te bevredig en dus die ideale waterbalans te skep.

Met meganiese oesprosesse, effektiewe waterbestuur en ondersteuning van GWK kan die

produsent vandag die vrymoedigheid hê om suksesvol met grondbone te boer. Ons glo in

ons produsente en die toekoms van Suid-Afrika.

29

We bring the

international

export

market right

to your

doorstep.

GWK

Oilseeds

Cloete Nortje | 082 803 0687

CloeteN@gwk.co.za

Tjaart Myburgh | 082 801 7414

TjaartMY@gwk.co.za

GWK Oilseeds achieves suc-

cess when our producers are

successful. Therefore we feed

them with the latest tools and

technology - with newer and

smarter ways to do business -

so that they can keep feeding

the people who drive the world

forward.

TJAART MYBURGH,

GWK

Produk-inligting