Background Image
Previous Page  22 / 68 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 22 / 68 Next Page
Page Background

FOKUS

Grondbone

Spesiale

Februarie 2016

20

Watter opbrengs kan behaal word

met besproeiingsgrondbone?

‘n

Maksimum opbrengsproef is gedurende die 2014/2015-

produksieseisoen op grondbone onder besproeiing in die

Bultfontein-gebied uitgevoer. Die doelwit van die proef

was om seker te maak of die omgewing se potensiaal

optimaal benut word. ‘n Geleentheid is geïdentifiseer en die proef

is uitgevoer deur die bemestingsprogram te verfyn en aan te pas.

Die 2014/2015-seisoen was gunstig vir grondbone onder besproei-

ing. Met hoë hitte-eenhede in Desember, Januarie en Februarie,

het die boontjies vinnig gegroei waar genoegsame water toegedien

is. Die seisoen vergelyk redelik goed met die 2013/2014-seisoen,

met die uitsondering van hoër hitte-eenhede in Februarie.

Wat hierdie seisoen wel benadeel het, was ryp op 1 April wat die

groeiseisoen verkort het. Na die ryp is die proefaanplanting dadelik

uitgehaal. Ongelukkig is die groeiperiode met twee weke teenoor

die 2013/2014-seisoen verkort. Plantdatums tussen die 2013/2014-

en 2014/2015-seisoene verskil met agt dae. Dieselfde kultivar is

geplant en daarom kan die twee seisoene se resultate met mekaar

vergelyk word.

Metode

Area

Spilpunt 1: 2,2 ha

Spilpunt 2: 7,07 ha

Algemene praktyke

Algemene praktyke wat gevolg is, word in

Tabel 1

weergegee.

Plantvoeding

Plantvoeding is deur Omnia Kunsmis aanbeveel.

2 ton dolomitiese kalk met ‘n ploegaksie daarna.

Met die toediening van kalk vooraf op lae pH-gronde word groot

voordeel verkry deur suurversadiging (aluminium en waterstof)

te neutraliseer en ook ander plantvoedingstowwe meer plant-

beskikbaar te maak).

‘n Verdere voordeel is die kalsium- en magnesiumvoeding wat

met dolomitiese kalk toegevoeg word. Magnesium maak ‘n groot

deel uit van die chlorofilmolekules wat fotosintese aandryf.

KOBUS COETZEE

en

JOHAN VILJOEN,

Omnia Kunsmis en

JOGGIE OTTO,

Golden Peanut & Tree Nut SA

2013/2014

2014/2015

Plantdatum

6 November 2013

14 November 2014

Kultivar

Tufa

Tufa

Plantestand

83 kg/ha

83 kg/ha

Rywydte

Vier rye op 1,8 m (30 cm tussen rye en 60 cm lasry)

Vier rye op 1,8 m (30 cm tussen rye en 60 cm lasry)

In-ry spasiëring

11,5 cm

11,5 cm

Besproeiing

Begin met ‘n vol profiel. Begin dan met 20 mm per

week begin-blom (begin Desember). Skeduleer dan

besproeiing na aanvang van reënval tot April.

Begin met ‘n vol profiel. Begin dan met 20 mm per

week begin-blom (middel Desember). Staak besproei-

ing einde Februarie, weens genoeg reën.

Oesdatum (begin)

7 April 2014

2 April 2015

TABEL 1: ALGEMENE PRAKTYKE.

TABEL 4: VOORSTELLING VAN VASTE PRODUKSIEKOSTE VAN GRONDBONE.

PITTE

(T/HA)

OPBRENGS

PITTE (T/HA)

2014

4,80

2015 standaard

5,83

2015 bykomend

6,20

BEHANDELING

OPBRENGSVERHOGING

PITTE (T/HA)

2014 versus 2015 standaard

1,000

2014 versus 2015 bykomend

1,400

2015 standaard versus 2015 bykomend

0,370

TABEL 2: AANDUIDING VAN RESULTATE

MET DIE ONDERSKEIE BEHANDELINGS.

TABEL 3: AANDUIDING VAN DIE OPBRENGSVERSKIL TUSSEN DIE

ONDERSKEIE BEHANDELINGS.

PRODUKSIE-INSET

KOSTE

HOEVEELHEID

TOTALE KOSTE/HA

Saad

R900/50kg

83 kg/ha

R1 490

Kunsmis

R2 043/ha

R2 043

Diesel

R12,40/

60

/ha

R744

Blaarvoedings en onkruiddoders

R1 655/ha

R1 655

Water en krag

R2 000/ha

R2 000

Plukkoste

R2 500/ha

R2 500

Totaal

R10 432