Background Image
Previous Page  21 / 68 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 21 / 68 Next Page
Page Background

Sodra daar aan die

spasiëring, hetsy nader

of verder van mekaar,

verander word, kan

daar ‘n afname in

opbrengs van so

hoog soos 15%

verwag word.

19

February 2016

Vandaar staan die grondboonplantjie vir

21 dae lank doodstil voordat dit werklik

aktief begin groei. In die tydperk van visuele

stilstand, vorm die wortelstelsel en moet

produsente nie oorhaastig word en on-

nodig vreemde middels op die grondbone

toedien nie.

Tussen 35 tot 42 dae sal die eerste blom-

me verskyn en begin die eerste drag

van die grondboon vorm. Daardie eerste

drag neem tussen 60 tot 90 dae om vol-

wassenheid te bereik, afhangende van die

weersomstandighede.

As hierdie grondboonsom gemaak word,

kan ‘n produsent mooi uitwerk of daar ge-

noeg tyd gaan wees om ‘n goeie opbrengs

te vorm vanaf planttyd tot die beoogde

oestyd van sy grondbone.

Die regte planttyd wissel van jaar tot jaar

en ook van gebied tot gebied. Afhangende

van die heersende minimum temperature

en die stand van beskikbare vog, strek die

planttyd van ongeveer middel Oktober tot

einde November. Daar moet egter in ge-

dagte gehou word dat die optimale plant-

tyd rondom middel November is.

Daar is dus meer as net plantspasiëring

wat in ag geneem moet word wanneer

grondbone aangeplant word.

Goeie beplanning strek van

voor planttyd tot midde-in

oestyd.

1: ‘n Goeie stand grondbone wat by die uithaler aangepas is.

2: ‘n Voorbeeld van grondbone wat te ver uitmekaar aangeplant is.

3: Dié is weer te yl geplant.

1

2

3