Background Image
Previous Page  23 / 68 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 23 / 68 Next Page
Page Background

21

February 2016

‘n Omnia-mengsel met stikstof (N), fosfaat (P), kalium (K), sink (Zn),

swael (S) en boor (B) is tydens plant toegedien.

Die produk is ‘n enkelkorrelkunsmis (elke korrel bevat al die

nodige voedingstowwe in die regte verhouding).

‘n Plantmengsel met boor is die voorkeurproduk as gevolg

van die grondboonplant se gevoeligheid vir boortekorte en

dit is algemeen bekend dat boorvoorsiening aan plante in die

sanderige gronde van die Wes-Vrystaat laag is. Goeie reaksie

is dus verkry deur boor addisioneel met plant toe te dien.

‘n Latere topbemesting met stikstof, fosfaat en kalium is toegedien.

Die fosfaatbron wat gebruik is, is ‘n stadigvrystellende fosfaat-

bron, wat energie vir die lang blom- en peulvormingsperiode van

die grondboonplant verskaf.

Die kunsmis bevat ook sink, swael, kalsium, magnesium en ‘n

bietjie stikstof. Swael is uiters belangrik vir enige oliesaadgewas,

weens die belangrike rol wat die element in proteïensintese

speel. Dus word nog kritiese elemente op ‘n latere stadium

bygevoeg om die plant se behoeftes verder aan te vul.

Die ekstra stikstof, wat breedwerpig toegedien word, is dan ‘n

aanvulling tydens proteïensintese tydens peulvorming.

Bykomende kalium is baie belangrik vir die beweging en regu-

lering van voedingstowwe tydens die reproduktiewe fase van

die plant.

Gips word ook in blomtyd uitgestrooi en die 60 cm lasry word met

‘n vlerkskaarbewerking na gipstoediening opgehef.

Gips bevat kalsium en swael wat baie belangrik vir die grond-

boontjie se groei en ontwikkeling is.

Kalsium is uiters belangrik vir goeie gehalte pitte, siekteweer-

stand, selstruktuur en die algemene groei van die plant.

Opsommend

Met die bogenoemde voedingspraktyke word al die noodsaaklike

elemente in tyd en teen die korrekte peil toegedien. Elkeen van die

produkte bevat swael en die meeste bevat kalsium.

Bespuitingsprogram

Die bespuitingsprogram is deur Golden Peanut & Tree Nut SA aan-

beveel.

Na plant: Metagan Gold en Strongarm.

Middel Januarie: Restore en CropCandy asook Amistar Top.

Middel Februarie: Amistar Top asook CropCandy en melasse.

Begin Maart: Amistar Top, Carbo Zink en Carbo Calmag.

Proefuitleg

2014

Plant met ‘n NPK-mengsel wat Zn, Ca, Mg, en S bevat.

Topbemes met gips.

2015 standaardbehandeling

Plant met ‘n NPK-mengsel wat Zn, S en B bevat.

Topbemes gips en bykomende kunsmis.

Grafiek 1: Aanduiding van die reaksie op pitopbrengs met die onderskeie behandelings.

GEMIDDELDE OPBRENGS

(PEULE)/(VOER)

GEMIDDELDE OPBRENGS

(PITTE)

GEMIDDELD

R/TON

TOTALE

INKOMSTE/HA

Peule

7,96 ton

5,83 ton

R8 500

R49 555

Voer

5,50 ton

5,50 ton

R1 400

R7 700

Totaal

R57 255

GEMIDDELDE

OPBRENGS (PEULE)

GEMIDDELDE

OPBRENGS (PITTE)

GEMIDDELD

R/TON

TOTALE

INKOMSTE/HA

8,5 ton

6,2 ton

R8 500

R52 700

TABEL 5: GEMIDDELDE TOTALE INKOMSTE (9,27 HA).

TABEL 6: GEMIDDELDE TOTALE INKOMSTE OP SPILPUNT 1 MET EKSTRA FOSFAAT.

Peulvorming van grondbone op die

maksimum-opbrengsproef.

Rizobium-ontwikkeling op

wortels was uitstekend al is

addisionele N met plant en

topbemesting toegedien.