FOKUS
Grondbone
Spesiale
Februarie 2016
18
Korrekte spasiëring van
grondbone essensieel
D
aar is al baie in die literatuur ge-
skryf oor die voor- en nadele van
verskillende plantspasiërings by
grondbone, maar dit laat die pro-
dusent met meer vrae as antwoorde. Die
kruks van die saak bly: Opbrengs is die
belangrikste, maar dit moet koste-effektief
wees.
Insetkoste kan die hoogte inskiet, met
saadkoste as een van die hoofuitgawes. In
die verlede was dit nie vreemd om grond-
boonlande te sien wat letterlik lyk of dit
soos koring gesaai is nie. Saad en hande-
arbeid was toe nog goedkoop, maar tans is
dit ‘n groot uitgawe vir die produsent.
Tegnologie vergemaklik die lewe vir die
produsent omdat die probleem van plante-
standberekening nou amper iets van die
verlede is. Met die druk van ‘n paar knoppies,
word daar gou vir die planter vertel wat
van hom verwag word en omgekeer vertel
die planter weer vir die produsent as daar
een of ander tekort tydens die plantproses
voorkom. Ai, as al die beplanning van die
boerdery maar net met die druk van ‘n paar
knoppies uitgesorteer kon word...
Digte spasiëring
Voordat daar na die ideale stand vir
grondbone gekyk kan word, moet daar
eers gekyk word na te digte spasiëring
– waarom dit nadelig vir die plant is en wat
die effek daarvan op die ontwikkeling van
die grondboonplant is. Grondbone wat te
dig gespasieer is, sal nader as 37 mm van
mekaar geplant wees.
Die kompetisie vir lig, voedingstowwe en
vog is seker die belangrikste gevolg van te
digte spasiëring, daarom ontwikkel plante
onder hierdie omstandighede gewoonlik
baie swak.
‘n Enkel stam word gevorm met slegs
enkele peule of, in uiterste gevalle, geen
peule nie. Die ontwikkeling van sytakke
word beperk en die afwesigheid van sy-
takke op die eerste twee knope op die
hoofstam beteken ‘n verlies van meer as
80% van die potensiële produksie.
Met só ‘n oormatig diggespasieerde plan-
testand word plante gedwing om op
hoërliggende knope op die hoofstam te
produseer. Hierdie knope ontwikkel later
en lewer laat peultjies wat onvolwasse met
oestyd is en wat ‘n minderwaardige produk
lewer.
Yl spasiëring
Yl spasiëring kan nog nadeliger vir grond-
boonopbrengste wees. Eerstens is ylge-
spasieerde plante meer vatbaar vir roset-
virusbesmetting. Dit gebeur omdat enkel
plante deur plantluise en bladspringers ge-
koloniseer word.
‘n Besmette plant vertoon klein, verpot, geel
en rosetagtig. Die ontwikkeling van ylge-
spasieerde plante is andersins normaal met
baie meer sytakke as korrekgespasieerde
plante. Daar word dus ‘n geweldige groot
hoeveelheid peule per plant geproduseer,
wat die wanindruk by produsente skep van
‘n moontlike hoër opbrengs.
Die hoër produksie peule per plant maak
nie op vir die laer plantestand per hektaar
nie en die opbrengs is gevolglik ook baie
laer. Hierdie ylgespasieerde grondboon-
plante groei ook platter, wat blaarvlekbe-
heer bemoeilik.
Korrekte spasiëring
Die groot vraag bly dus: Wat is die korrekte
spasiëring? Volgens navorsing is daar ‘n
wesenlike toename in opbrengs namate die
spasiëring aangepas word tot op die punt
van 75 cm tussen rye en tussen 37,5 mm
tot 75 mm binneryspasiërings.
Die optimale binneryspasiëring sal dus
50 mm tot 70 mm wees. Sodra daar aan
dié spasiëring, hetsy nader of verder van
mekaar, verander word, kan daar ‘n afname
in opbrengs van so hoog soos 15% ver-
wag word.
Tussenryspasiëring is ‘n ander belangrike
faktor wat in ag geneem moet word. Oor
die algemeen is die gevoel by produsente
dat die rywydte hoofsaaklik deur die be-
skikbare hoeveelheid vog bepaal word.
Die ander faktore wat die rywydte bepaal,
is die vergemakliking van siektebeheer
en die oesproses. Die aanpassing van ry-
wydtes by die grondboonuithaler wat die
produsent gebruik, is uiters belangrik om
oesverliese te verminder en die oesproses
te vergemaklik.
Daarby het die gebruik van
twin-row
-
aanplantings ook gewild onder produsente
geword, maar weer eens moet die bo-
genoemde faktore in ag geneem word en
alle ander faktore oorweeg word. Dit sal
wys wees om, voordat daar oorgeskakel
word na ‘n ander rywydte, ‘n proefaan-
planting te maak en die opbrengste te
vergelyk. Daar is al gevind dat daar groot
verskille tussen plase kan wees, veral wat
bestuurspraktyke betref. Vind dus uit wat
werk op ‘n spesifieke plaas.
Goeie saad
Om die beste opbrengs te verkry, moet
goeie saad met ‘n geskikte planter in nat
grond op die regte tyd geplant word. Met
“goeie saad” word bedoel saad wat nie
beskadig is nie en ‘n hoë ontkiemingspo-
tensiaal het.
Hierdie saad moet ook goeie groeikrag-
tigheid toon. Dit is uiters belangrik om
alle saad wat aangeplant gaan word, voor
planttyd met ‘n swamdoder te behandel.
Hierdie praktyk beskerm die ontkiemende
grondboonplantjies teen aanvalle van
grondpatogene en -swamme en verhoog
die opkomssukses van die saad.
Met nuwe tegnologie tot die produsent
se beskikking is korrekte plantestand en
plantdiepte faktore wat aangespreek kan
word met die druk van ‘n knoppie. Presisie-
planters het baie kopsere uit die plantpro-
ses geneem.
Grondboonsom
Baie produsente vra gereeld of daar nog
genoeg tyd oor is om ‘n goeie opbrengs te
verwag – veral wanneer die seisoen laat is
en veral as die grondboongroeilengte van
150 dae in ag geneem moet word.
Om hierdie vraag te beantwoord, is dit
nodig om ‘n grondboonsom te maak. Neem
in ag dat wanneer grondboonsaad ge-
plant is, dit die saad tussen tien tot 14 dae
neem tot hulle ontkiem het en sigbaar op
die land staan.
LOUREINE SALOMON,
LNR-Instituut vir Graangewasse, Potchefstroom