Background Image
Previous Page  26 / 68 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 26 / 68 Next Page
Page Background

FOKUS

Grondbone

Spesiale

Februarie 2016

24

PEULAALWURM:

‘n Tydbom in grondboonsaad

P

eulaalwurm is rateltaai, perfek aan-

gepas vir ons omgewingstoestande

in die grondboonproduksiegebied

en die oorsaak van groot hoofpyne

vir almal wat met grondbone te doen het.

Hierdie aalwurmspesie is tot dusver die

enigste aalwurmspesie in Suid-Afrika wat

saadgedraagd is en kom by enige plek waar

grondbone geplant word, voor. Klaarblyk-

lik is peulaalwurm inheems, maar van ons

buurlande se grondbone het al simptome

getoon wat baie na peulaalwurmskade lyk.

Simptome van

peulaalwurmbesmetting

Peulaalwurm rig net skade aan grondbone

aan. Hierdie aalwurm is verder uniek omdat

hy, anders as die ander plant-parasitiese

aalwurmspesies wat ook op grondbone

voorkom, geen tipiese bogrondse simp-

tome soos vergeling of verlepping van die

plante toon nie (

Foto 1

). Dit is eers wanneer

die produsent sy grondbone met oestyd be-

gin lig, wat hy agterkom dat dit glad nie so

goed gaan nie.

Die eerste simptome van peulaalwurmbe-

smetting wat die produsent sal kan sien, is

by die aanhegtingspunt van die peul aan die

anker (

Foto 2

). Dit is waar die peulaalwurm

hoofsaaklik in die peul indring, waarna dit

deur die vaatbondels van die dop tot binne

in die saad beweeg (

Foto 3

).

Daar waar peulaalwurms die aanhegtings-

punt tussen die peul en anker binnedring,

beskadig en verswak hulle die selle. Sodra

die peule dan gelig word, breek dit af en

bly in die grond agter. As ‘n land swaar

met peulaalwurm besmet is, kan die pro-

dusent 40% tot 60% van sy oes op dié

manier verloor.

Die grootste effek wat peulaalwurm egter

op grondbone het, is kwalitatief. Hulle vreet

aan die saadhuid van die grondboonpit en

die vaatbondels wat net onder die saad-

huid voorkom. Dit veroorsaak dat die are

op die saad donkerder word (as daar erge

besmetting is [

Foto 4

]). Boonop veroorsaak

hulle voedingsaksies op die saadhuid so-

dat chemiese stowwe wat verhoed dat die

saad te vroeg ontkiem, uitlek.

Saad begin dus te kiem, soms nog voordat

dit geoes kan word. As mens in ‘n peulaal-

wurmbesmette land loop nadat die hopies

gepak is, is daar oral opslagplantjies van

saad wat vroeg reeds begin kiem het. Al

hierdie simptome veroorsaak dat die saad

nie meer so aantreklik is nie en die persen-

tasie ongesond, gevlek en vuil (OGV) van die

grondboonbesending neem toe. Met erge

peulaalwurmbesmetting kan ‘n besending

tot persgraad afgegradeer word.

Ekonomiese implikasies

Die ekonomiese implikasies van die skade

wat deur peulaalwurm aangerig word, ver-

skil van seisoen tot seisoen omdat die prys

van elke grondboonklas van seisoen tot

seisoen verskil. Die verskil tussen die be-

drag wat vir keurgraad verdien word en

dít wat vir persgraad verdien word, dui die

presiese ekonomiese skade wat hierdie

aalwurm per ton aanrig aan. Peulaalwurm

is dus ‘n wesenlike bedreiging vir die pro-

dusent en vir die grondboonbedryf.

Só oorleef hulle

As daar nie grondbone beskikbaar is nie,

kan peulaalwurm op enige ander gewas

wat met grondbone afgewissel word, in

klein getalle oorleef. Hulle oorleef ook op

onkruide wat algemeen in grondboonlande

voorkom. In die wintermaande oorleef hulle

hoofsaaklik in eiers, maar van die volwas-

senes kan ook in die grondboondoppe en

-peule wat in die lande agterbly, oorwinter.

Lewensloop

Wat hierdie aalwurm so gevaarlik maak, is

die feit dat sy lewensloop baie kort is (slegs

sewe dae vandat die eier uitgebroei het

totdat die uitgebroeide wyfie weer in staat

is om nuwe eiers te lê). Om sake te vererger,

sal minstens 90% van die eiertjies wat gelê

is, uitbroei.

Beheer

Die beheer van peulaalwurm is baie moeilik.

Anders as die ander plant-parasitiese aal-

wurms wat op grondbone parasiteer, begin

die peulaalwurmbevolking eintlik eers om

te ontplof as die plant begin ankers stoot.

Teen daardie tyd val dit reeds in die weer-

houdingstydperke van die meeste aalwurm-

doders en kan hulle dus ongehinderd

aanteel. Wisselbou het ook nie ‘n effek nie

omdat hulle wel in klein hoeveelhede op

ander gewasse kan oorleef.

Hulle kort lewenssiklus en uitbroeisukses

van die eiers verseker dat hulle skadelike

vlakke aan die einde van die seisoen kan

bereik al is daar net ‘n paar aan die begin

van die seisoen teenwoordig. Ongelukkig is

daar ook geen peulaalwurm-

weerstandbiedende grond-

boonkultivar op die mark

beskikbaar nie.

SONIA STEENKAMP,

LNR-Instituut vir Graangewasse, Potchefstroom

1: Hierdie oënskynlik blakend gesonde grondbone

is met 7 000 peulaalwurms per plant met planttyd

geïnokuleer.

2: Die eerste simptome kan gesien word waar die

anker van die peul afgebreek het.

3: Die fyn rafeltjies op die saad is peulaalwurms.

4: Peulaalwurmbesmette pitte (regs) is verkleur as

mens dit met onbesmette pitte (links) vergelyk.

2

3

4

1