Background Image
Previous Page  28 / 68 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 28 / 68 Next Page
Page Background

5

FOKUS

Grondbone

Spesiale

Februarie 2016

26

Hoe gemaak met onkruidbeheer in ‘n

wisselboustelsel met grondbone?

‘n

Breë spektrum van onkruide is gewoonlik teenwoordig

in grondboonaanplantings, waarvan die intensiteit van

voorkoms ook kan varieer. Onkruidspesies verskil in

groeiprosesse en lewensiklusse, daarom is daar nie

slegs een metode van onkruidbeheer wat effektiewe beheer vir alle

onkruidspesies gaan verseker nie.

‘n Geïntegreerde beheerprogram is dus die beste manier om on-

kruide suksesvol in grondbone te beheer. Dit sluit in die besluit-

neming van die tipe grondbewerking, voeding, kulitvarkeuse en

bewerkingspraktyke (inter- en intra-ryspasiëring, plantdigthede

en wisselbou) wat optimaal toegepas moet word vir suksesvolle

grondboonproduksie.

Voor plant tot en met grondbreking (

cracking

) kan algehele onkruid-

beheer toegepas word met ‘n kontakonkruiddoder wat paraquat

bevat, of ‘n sistemiese onkruiddoder wat glifosaat bevat.

Die beste beheer sal verkry word indien ‘n voor-opkomsonkruid-

doder ingewerk of toegedien word voor of tydens plant (voor-

opkomsonkruiddoders), opgevolg met na-opkomsonkruiddoders

met ‘n breëspektrumonkruiddoder.

‘n Skoffelaksie vroeg in die seisoen kan tussen die bespuitings ge-

doen word om sodoende seisoenslange onkruidbeheer te verseker.

Die beheer van breëblaaronkruide in ‘n breëblaargewas bly egter

steeds ‘n uitdaging wat betref die keuse van onkruiddoder, tyd van

toediening en moontlike gewasskade.

Onkruide wat gewoonlik hardnekkig is om te beheer in grondbone,

is purperwinde (

Ipomoa pupurea

), wilde lusern (

Crotalaria sphaero-

carpa

), geel en rooi uintjies (

Cyperus

spp.) en kweekgras (

Cynodon

dactylon

).

Wanneer getalle van moeilik beheerbare onkruide erg toeneem van

een seisoen tot ‘n volgende seisoen, sal daar noodwendig meer op

onkruiddoders staatgemaak word om onkruidgetalle te verlaag. In

Tabel 1

is gepoog om moontlike produkte wat geregistreer is vir

die gebruik op grondbone en mielies te groepeer om bogenoemde

onkruide te beheer.

MARLENE VAN DER WALT

en

ELBÉ HUGO,

LNR-Instituut vir Graangewasse, Potchefstroom

1: Purperwinde.

2: Wilde lusern.

3: Geel uintjies.

4: Rooi uintjies.

5: Kweekgras.

2

3

4

1