Background Image
Previous Page  27 / 68 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 27 / 68 Next Page
Page Background

FOKUS

Grondbone

Spesiale

Nuwe benaderings en kultivars in

grondboonproduksie bekyk

G

olden Peanut & Tree Nut SA is een van die min grond-

boonverwerkers wat tyd en geld spandeer aan navorsing

en ontwikkeling van nuwe kultivars en idees rondom

grondboonverbouing in Suid-Afrika om die produsent

se boerdery meer winsgewend te maak. Die bekende grondboon-

kultivars Akwa, Anel, Kwarts

en Tufa kom almal uit die Natal

Common-agtergrond. Daar is

in daardie tyd besluit om na

‘n heel nuwe agtergrond te

kyk vir kultivarlyne. Daar is op

die nageslagte wat uit Mani

Pintada (uit Bolivia) ontwikkel

is, gekonsentreer om sulke lyne

verder te ontwikkel. Drie lyne

is ontwikkel en geregistreer,

naamlik GP 023, GP 033 en

GP 035. In ons afgelope kul-

tivarproewe het die drie

nuwelinge goed vertoon met

GP 035 so ‘n kort koppie voor

met opbrengs. Dié kultivar het

‘n effens langer pit as die res,

maar onder droëlandtoestande

pas die kultivar baie goed aan.

Baie aandag word gegee aan

hersiene verbouingspraktyke.

Tussenryspasiëring is ‘n be-

langrike aspek. Met ‘n groter

tussenryspasiëring is die wor-

telontwikkeling meer – wat

lei tot beter vogopname.

Plantmassa is ook meer met

‘n gevolglike verkorting in

groeiseisoenlengte. Vervolgens

word ook gekyk na verdwerging

van die bogrondse dele van die

plant. Volgens ons resultate

het hierdie aksie ‘n verhoging

in peuldrag tot gevolg. Dit is

voor die hand liggend dat ‘n

verhoogde tussenryspasiëring

lei tot min plante per hektaar.

Daar word dus gekyk na meer

rye per hektaar en word vier

rye op beddings geplant. Daar

is ook indringend gekyk na

bemesting. Dié aspek, asook

die nodigheid, formulering en

metode van entstoftoediening,

word tans ondersoek. Die nuwe

praktyke is op drie verskillende

spilpunte geëvalueer. Op die

verskillende spilpunte is daar in

die 2014/2015-seisoen 8,2 ton,

8,2 ton en 8,5 ton peule per

hektaar respektiewelik geoes.

Die volledige program sal na

die afhandeling van vanjaar

se proewe bekend gemaak

word. Vir enige of meer inligting oor die spesifieke praktyke kontak

gerus vir Golden Peanut & Tree Nut SA. Die maatskappy is een van

die min grondboonverwerkers wat tyd en geld spandeer aan

ontwikkeling van nuwe kultivars en idees rakende grondboonver-

bouing in Suid-Afrika.

25

SCHALK VAN WYK,

Golden Peanut & Tree Nut SA

Produk-inligting