Februarie 2015
48
oor bakteriese blaarstreep maak broodnodige kennis moontlik
D
ie veroorsakende patogeen van
bakteriese blaarstreep is
Xan-
thomonas campestris
pv.
zeae
.
Hierdie siekte is die eerste keer
in 1949 in Suid-Afrika gerapporteer. Tot
op datum is mielies (
Zea mays
) die enigste
bekende, gerapporteerde gasheer.
Onlangs is daar nuwe navorsingsprojekte
geïnisieer om die bakterieë,
Xanthomonas
campestris
pv.
zeae
, beter te verstaan
in terme van sy isolasie en identifikasie;
voorts is inokulasie-tegnieke ontwikkel
en die verspreiding van die siekte in Suid-
Afrika is bepaal.
Die inligting gee ons tans ‘n basis waarop
ons verdere navorsing kan baseer. Na-
vorsing word beplan om die siekte se
potensiële opbrengsverliese oor tyd te
bepaal, moontlike bronne van weerstand
in kultivars vas te stel en om moontlike
gasheerplante te identifiseer met behulp
van ‘n PCR-tegniek wat help om die
bakterieë in plantmateriaal te identifiseer
deur van DNA gebruik te maak.
Voorkoms en verspreiding
Bakteriese blaarstreep is tot dusver slegs
in Suid-Afrika aangemeld en kom hoof-
saaklik in warm, droë mielieproduksiege-
biede voor (
Figuur 1
). Dit kom gewoonlik
voor in die Noordwes Provinsie, Noord-
Vrystaat en die suid-westelike dele van
Gauteng op kommersiële aanplantings.
Dit is ook al opgemerk in sekere saadpro-
duksiedele van die land. ‘n Paar jaar ge-
lede was daar ‘n aanhoudende toename
in die erns en voorkoms van bakteriese
blaarstreep in mielies, maar gedurende die
afgelope drie jaar was daar ‘n afname in
die voorkoms van die siekte.
Seleksies in teelprogramme kan as rede
hiervoor dien asook ongunstige omge-
wingstoestande vir die ontwikkeling van ‘n
bakteriese blaarstreep epidemie. Vir ons
is dit dus van belang om hierdie siekte
verder te bestudeer om gunstige toe-
stande vir epidemies en geïntegreerde leer-
strategieë te bepaal.
Die voorkoms van die siekte is baie wis-
selvallig en seisoene het definitief ‘n groot
effek op die siektegraad.
Ekonomiese belangrikheid
en epidemiologie
Bakteriese blaarstreep kan in sommige
gevalle tot 40% voortydige verbruining
en uitdroging van blare tot gevolg hê
(
Foto 1
), wat moontlik tot verliese in graan-
opbrengs kan lei.
Tot op hede is verliese aan opbrengs as
gevolg van bakteriese blaarstreep nog nie
gekwantifiseer nie. Die ontwikkeling van
‘n molekulêre tegniek wat die bakteriese
voorkoms in weefsel kan kwantifiseer,
genaamd ‘n q-PCR, sal ons in staat stel om
die infeksie, siektevoorkoms en opbrengs-
verliese te kan bepaal.
Ons benodig ook ‘n bakteriese doder vir
die bespuiting van kontroleplante sodat dit
met besmette plante vergelyk kan word.
Dit is dus duidelik dat heelwat navorsing
nodig is om die siekte beter te verstaan
en te beheer.
Tans is daar min bekend oor die siekte se
epidemiologie en die interaksie met die
gasheer – die mielieplant – asook oor die
oorwintering van die bakterieë. Ons maak
nou staat op visuele waarnemings en die
klein bietjie navorsing wat daarop ge-
doen is.
Bakteriese blaarstreep kan moontlik vir
‘n hele aantal maande in oesreste oorleef
en dus jong mielieplante infekteer wan-
neer omgewingstoestande gunstig is. By-
komende bronne van inokulum kan in
besproeiingswater asook reën teenwoordig
wees. Die patogeen kan ook versprei word
deur plantluise en/of ander insekte, wind
OP PLAASVLAK
Bakteriese blaarstreep / Mielies
Geïntegreerde plaagbeheer
BRADLEY FLETT,
LNR-Instituut vir Graangewasse
Figuur 1: ‘n Kaart wat die verspreiding van bakteriese blaarstreep aandui in die Suid-Afrikaanse-
mielieproduksiegebied.
Bron: J. Nienaber, 2014
Oneweredige letselrande van bakteriese
blaarstreep met geel verkleuring.