Background Image
Previous Page  45 / 76 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 45 / 76 Next Page
Page Background

Goeie nuus! Ná ’n omvattende studie deur Barloworld Agriculture is die

pryse van ’n wye reeks AGCO-onderdele vir Massey Ferguson- en Challenger-

toerusting verlaag – in sommige gevalle met meer as 70%.

Hierdie verlagings verminder eienaars se koste van eienaarskap en verlaag

ook die koste van Barloworld Agriculture se diensplanne vir trekkers, stropers,

selfaangedrewe spuite en planters.

Prysnavorsing is gedoen ten opsigte van diensonderdele en ander algemene

onderdele, waaronder aandrywingsbelde, aansitters, brandstofinspuiters en

turbo-aanjaers, asook planteronderdele. Prysverlagings geld onder meer vir:

• MF-trekkerreekse – MF 400 Xtra, MF 5400, MF 7600, MF 8600

• MF konvensionele, wydwerk- en geenbewerkingplanters

• Challenger-rusperband en geartikuleerde trekkers

• Selfaangedrewe Challenger-spuite

• Challenger-stropers

AGCO-onderdele vir toerusting wat deur Barloworld

Agriculture versprei word, is nou 24 uur per dag

beskikbaar – regdeur die jaar. Die doel hiermee is om

eindgebruikers se produktiwiteit in veral kritieke tye

soos plant- of oestyd te verhoog.

AGCO-onderdele kan nou ná kantoorure by Barloworld Agriculture bestel

word vir onmiddellike versending per koerier. Onderdele kan ook na-ure by

die AGCO-onderdeelpakhuis naby O.R. Tambo-lughawe in Kempton Park,

Johannesburg, afgehaal word. Na-uurse aflewering per koerier word deur die

handelaar gereël en is nie ingesluit by die prys van die onderdeel nie.

Met inisiatiewe soos hierdie streef Barloworld Agriculture daarna om ’n

suksesfaktor in boere en kontrakteurs landswyd se ondernemings te wees.

Kontak jou naaste handelaar vir meer inligting of skakel

011 898 0278 om jou naaste handelaar te vind.

ONDERDEELPRYSE GESNOEI

24/7 – 365 DAE PER JAAR

KOSTE VAN EIENAARSKAP

VERLAAG JOU

43

staatgemaak word nie. Bewerking en fisiese verwydering is effektief,

maar baie tydrowend.

Vlak bewerking is effektief om gousblomsaailinge te beheer, maar

die plantjie moet heeltemal met wortels bo die grond land anders

groei dit verder – vermy bewerking wanneer die grond klam tot

nat is.

Indien saadvorming vir twee tot drie jaar verhoed kan word, kan die

populasies van gousblom baie verlaag word aangesien die saad se

lewensduur redelik kort is.

Afsny/slaan van plante is net effektief indien dit gereeld gedoen

word naby die grondoppervlakte om blomvorming te verhoed.

In weidings het wisselweiding gehelp om gousblom te onderdruk

deurdat dit die graskomponent van die weiding gestimuleer het.

In Australië het

spray topping

met glifosaat (360 g ab per liter)

teen 400 ml per hektaar tydens blom, die gousblompopulasie in

die daaropvolgende seisoen met 90% verminder. Die toepassing

van geïntegreerde bestuursaksies is baie belangrik, nie net om

weerstand te voorkom nie, maar ook om onkruidbeheer meer

omgewingsvriendelik te maak.

Bedankings en verwysings

Die volgende persone het die artikel krities deurgelees en voorstel-

le ter verbetering gemaak waar nodig: Prof Andy Cairns (Universiteit

van Stellenbosch), dr Erik Eksteen (Syngenta), mnr Org Lotter

(Bayer CropScience), mnr Jim McDermott (Du Pont), mnr Hannes

Schoeman (Monsanto), mnr Frik Potgieter (Nulandis) en mnr Dirk

van Eeden (Terason).

Die lys van geregistreerde onkruiddoders is verkry vanuit die

publikasie:

A guide to the chemical control of weeds in South Africa:

A CropLife South Africa Compendium

. Bestel by

info@cropsolu-

tions.co.za

of 011 079 4199.

Inligting is ook verkry vanuit die boek

Onkruide in gewasse en

tuine in Suidelike Afrika

en is beskikbaar by die LNR-Instituut

vir Graangewasse, Privaat sak X1251, Potchefstroom 2520. Kontak

me Mary James by 018 299 6253 of

JamesM@arc.agric.za .

Die boek

Probleemplante en indringeronkruide van Suid-Afrika

deur Clive Bromilow is ook geraadpleeg en is beskikbaar by die

meeste boekhandelaars of raadpleeg die webwerf van die uitgewers:

www.briza.co.za .

Lesers kan die pamflet

Volhoubare gewasproduksie in die teen-

woordigheid van onkruiddoderweerstand

ook in PDF-formaat ver-

kry van die skrywer van hierdie artikel by

pjp@sun.ac.za .

Dit is ook

(in Engels) beskikbaar by die CropLife SA webtuiste (

http://www

.

croplife.co.za/Portals/13/Croplife_ Documents/Sustainable%20

crop%20produc tion%20 in%20 the%20presence%20of%20

herbicide%20resistance.pdf

).