Background Image
Previous Page  46 / 76 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 46 / 76 Next Page
Page Background

Februarie 2015

44

Só lyk besproeiing se bydrae tot

graanproduksie

S

uid-Afrika is ‘n relatiewe droë land met ‘n uiters wissel-

vallige reënval en oorvloedige sonskyn. Ook is ons reënval

redelik onbetroubaar en onvoorspelbaar.

Die land word van tyd tot tyd deur ernstige en langdurige droog-

tes geteister. As gevolg hiervan kan die produksie van graan baie

varieer en daarom speel besproeiing ‘n belangrike rol (veral in ‘n

droogtejaar) om graanproduksie te stabiliseer.

Mielies

Alhoewel die grootste persentasie mielies onder droëlandtoestande

geproduseer word, het aanplantings onder besproeiing die afge-

lope paar jaar stelselmatig toegeneem. Sedert 1996 het mielie-aan-

plantings onder besproeiing van 80 000 ha tot ongeveer 227 000 ha

toegeneem – ‘n styging van 184% of 147 000 ha.

Die gegewens van mielies onder besproeiing, word in

Grafiek 1

ten

toon gestel vanaf die 2004- tot die 2014-seisoen. Gedurende dié

dekade-tydperk, het die hektare mielies onder besproeiing beplant,

met 33,5% of 57 000 ha toegeneem; vanaf 170 000 ha tot 227 000 ha.

In

Grafiek 2

kan gesien word dat geelmielies onder besproeiing die

grootste gedeelte uitmaak van die totale mielie-oppervlakte tussen

wit- en geelmielies onder besproeiing. Gedurende 2004 was die

geelmielies se oppervlakte onder besproeiing 10% teenoor wit-

mielies se 4,1%. Die geelmielie-oppervlakte onder besproeiing het

vinniger toegeneem sedert 2004 en maak tans (2014) 13,2% uit van

die totale mielie-oppervlakte, teenoor witmielies se 5%.

Gedurende 2004 is 9,482 miljoen ton mielies geproduseer, dit be-

staan uit 85,9% (8,142 miljoen ton) droëlandproduksie, terwyl be-

sproeiing se produksie 14,1% (1,34 miljoen ton) beloop. In 2014 is

die tweede hoogste mielie-oes op rekord geproduseer, naamlik

14,307 miljoen ton, waarvan 83,4% of 11,939 miljoen ton droë-

landproduksie is en 16,6% of 2,368 miljoen ton besproeiingspro-

duksie is (

Grafiek 3

).

Ten opsigte van witmielies (

Grafiek 4

) is daar 5,805 miljoen ton

witmielies gedurende 2004 geproduseer, waarvan 91,6% of

5,320 miljoen ton vir produksie onder droëland was, terwyl be-

sproeiing se produksie 8,4% of 485 360 ton was. Gedurende 2014

is daar 7,697 miljoen ton witmielies geproduseer, waarvan 91,4%

of 7,034 miljoen ton onder droëland was en 8,6% of 663 600 ton

onder besproeiing.

Gedurende 2004 het geelmielie-produksie (

Grafiek 5

) 3,677 miljoen

ton beloop – 76,8% of 2,822 miljoen ton onder droëland en 23,2%

of 854 800 ton onder besproeiing. In 2014 is 6,610 miljoen ton

geelmielies geproduseer, waarvan 74,2% of 4,906 miljoen ton

droëlandproduksie is en 25,8% of 1,704 miljoen ton besproeiings-

produksie is.

In die algemeen is die nasionale gemiddelde opbrengs van geel-

mielies hoër as vir witmielies; hoofsaaklik vanweë die groter gedeel-

te geelmielies wat onder besproeiing geplant word as witmielies.

Sedert 2004 is die toename in opbrengste onder besproeiing ook

hoër by geelmielies (

Grafiek 7

) as by witmielies (

Grafiek 6

), terwyl

die toename onder droëland min of meer dieselfde was vir beide

wit- en geelmielies.

Die kombinasie van verbeterde opbrengste onder besproeiing en

groter oppervlakte beplant onder besproeiing het ongeveer 2,4 mil-

joen ton mielies onder besproeiing gedurende 2014 geproduseer.

Koring

Koring word in Suid-Afrika ook onder droëland én besproeiing

verbou. Vanaf die 2004- tot die 2014-seisoen, het die hektare koring

beplant onder besproeiing met 4,8% of 6 580 ha afgeneem; vanaf

138 080 ha tot 131 500 ha (

Grafiek 8

). Dit is skokkend dat koring

se oppervlakte onder droëland gedurende dieselfde tydperk met

50,1% of 346 850 ha gedaal het. Een van die hoofredes vir hier-

die afname is die effek van die swak winsgewendheid van koring

vir produsente.

OP PLAASVLAK

Oesskatting / Graanproduksie / Besproeiing

Produksiepraktyke

RONA BEUKES,

senior statistikus, Nasionale Oesskattingskomitee

Grafiek 1: Totale mielies: Oppervlakte onder besproeiing 2004 tot 2014.

Grafiek 2: Wit- en geelmielies: Besproeiing 2004 tot 2014.