Background Image
Previous Page  51 / 76 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 51 / 76 Next Page
Page Background

‘n Droë, digte grondkors kan op die op-

pervlak tydens warm, wolklose dae so warm

word dat dit die weefsel waarmee dit kon-

tak maak beskadig en die stam ringeleer.

Die blaaroppervlakte is op dié stadium ook

nog te klein om die stam met skaduwee te

beskerm.

Die skade of vernietiging van die weefsel is

dikwels genoeg om die plant te laat afsterf.

Baie plante oorleef, maar ‘n kurkagtige letsel

ontwikkel aan die basis van die stam wat

ook verdik kan wees. Dit bly ‘n swakplek

in die stam en die plant kan dan op ‘n later

stadium by die letsel afbreek.

Hittekanker kom gelukkig nie baie voor nie

en daar is byna niks wat daaraan gedoen

kan word nie. Die enigste wyse om die risiko

van hittekanker so laag as moontlik te hou,

is om te plant tydens die

koeler deel van die seisoen,

wat voor die middel van

November is.

2: ‘n Jong stam wat deur warm grond geringeleer is.

3: Plante wat laat in die seisoen weens hittekanker omval.

Hittekanker by sonneblom

vanjaar opgemerk

49

February 2015

2

3

en wanneer plante met mekaar in aanraking

kom deur middel van diere, meganiese en

menslike beweging deur die lande.

Ons is tot dusver nog nie seker of hierdie

bakterie saadgedraagd is nie en dit hou

belangrike ekonomiese implikasies in vir

beide die saadbedryf en kommersiële uit-

voere na ander lande toe. Volledige studies

op die infeksieproses is tot op hede nog nie

gedoen nie.

Daar word bespiegel dat primêre infeksies

plaasvind in saailinge, terwyl sekondêre

infeksies op jonger blare tydens die groei-

proses plaasvind. Bakterieë kan moontlik

die blare binnedring deur natuurlike

openinge, soos huidmondjies, en dit is dus

moontlik dat die hoogste infeksie in die

middel van die dag kan plaasvind wanneer

huidmondjies heeltemal oop is.

Kort nadat visuele letsels op die blare

ontwikkel, vorm bakteriese uitskeidings

op die letsels. Verdere navorsing om die

verspreiding van die patogeen en die

moontlikheid van saadgedraagdheid, beter

te verstaan, is nodig. Hierdeur sal ons kan

vasstel of dié patogeen ‘n bedreiging vir

mielieuitvoere kan wees of nie.

Simptome

Simptome kan tydens alle groeifases van

die mielieplant in die veld waargeneem

word, alhoewel dit meer intens is tydens of

net ná blom. Aanvanklike blaarsimptome is

donkergroen, oliedeurdrenkte strepe.

Letsels is aanvanklik klein en vergroot

later om smal, geelverkleurde, deurskynen-

de strepe van 2 mm tot 3 mm wyd oor

die hele blaar te vorm. Dit is waar vroeër

infestasies op jong plante voorkom en waar

fotosintese beperk word wat latere graan-

vul negatief beïnvloed.

Bakteriese blaarstreep letsels sal nader-

hand inmekaarvloei om verlengde kolle of

strepe te vorm wat bruin tot gryswit kan

vertoon met ‘n geel rand. Blare wat erg

besmet is met bakteriese blaarstreep sal

uitmekaarskeur en soos haelskade lyk.

Die maklikste manier om bakteriese

blaarstreep uit te ken is deur bakteriële

uitskeidings in die vorm van klein drup-

peltjies wanneer blare nat is of tydens ‘n

periode van hoë humiditeit.

Beheermaatreëls

Omdat daar min inligting oor bakteriese

blaarstreep beskikbaar is, is dit moeilik

om spesifieke beheermaatreëls neer te

pen. Onlangse navorsing is gedoen deur

die LNR-Instituut vir Graangewasse (LNR-

IGG) in samewerking met die Noordwes-

Universiteit om die siekte beter te verstaan.

Verdere navorsing word tans beplan raken-

de die epidemiologie asook die ontwikke-

ling van ‘n geïntegreerde bestuurstelsel

om bakteriese blaarstreep te beheer. Op

die oomblik is daar nog nie bestande kom-

mersiële mieliebasters geïdentifiseer nie,

maar verskille tussen basters in kommer-

siële aanplantings is al waargeneem.

Ons is tans op soek na statistiese kulti-

varproewe wat simptome toon sodat

verskille in weerstand gemonitor kan

word. Omdat mielies die enigste gedoku-

menteerde gasheer van bakteriese blaar-

streep is, behoort gewasrotasie te help om

die inokulum van bakteriese blaarstreep

laag te hou. Nog ‘n moontlike manier om

bakteriese blaarstreep inokulum te probeer

beperk, is deur sanitasiepraktyke, soos die

verwydering of vernietiging van oesreste en

opslagplante. Dit sal die inokulum aan die

begin van die plantseisoen verminder. Die

braak- en drooglê van landerye word ook

aanbeveel as ‘n moontlike beheermaatreël.

Dit is belangrik om kennis te neem dat ge-

registreerde mielieswamdoders nie hierdie

siekte onder beheer sal bring nie en duur

bespuitingsprogramme dus nie ekonomies

regverdigbaar is nie. Die siekte moet eers

korrek geïdentifiseer word alvorens daar op

beheermaatreëls besluit kan word.

Ons het oor die jare al menige navrae van

produsente gekry wat toon dat verkeerde

middels gespuit word om die siekte te

voorkom/beheer. Daar is tans geen middel

wat geregistreer is op bakteriese blaar-

streep siekte nie.

Indien produsente/saadmaatskappye kul-

tivarproewe het wat simptome van bak-

teriese blaarstreep toon, sal ons dit

waardeer indien hulle ons in kennis kan

stel sodat waarnemings gedoen kan word

om moontlike weerstandbiedende kulti-

vars te identifiseer en om vars nuwe isolate

te versamel.

Kontakbesonderhede

Vir verdere inligting rakende bakteriese

blaarstreep op mielies, kon-

tak gerus vir prof Bradley

Flett by 018 299 6100.