Background Image
Previous Page  49 / 76 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 49 / 76 Next Page
Page Background

Grafiek 9: Koring: Besproeiing 2004 tot 2014.

Grafiek 10: Koring: Opbrengste – besproeiing versus droëland 2004

tot 2014.

Besproeiingskoring se bydrae tot die finale oes is heelwat meer as

in die geval van mielies. Hoewel die besproeiingsarea vir koring-

verbouing tans uit 28% (

Grafiek 9

) van die totale oppervlakte

bestaan, dra dit bykans 50% by tot die totale koringoes van Suid-

Afrika. Hierdie verskynsel beklemtoon dat koring onder besproeiing

‘n belangrike rol in die koringbedryf speel.

Omdat Suid-Afrika ‘n netto invoerder van koring is, is dit nood-

saaklik dat koring onder besproeiing verbou word aangesien

dit so ‘n groot bydrae tot die totale produksie lewer. As die

besproeiingsoppervlakte egter sou afneem, kan dit tot gevolg hê

dat Suid-Afrika meer koring moet invoer om aan die plaaslike vraag

te voldoen.

Koring se opbrengste – beide onder besproeiing en droëland – het

sedert 2004 geleidelike toenames getoon (

Grafiek 10

). Vir koring

onder besproeiing het die opbrengs met 17,2% of 0,94 ton/ha

toegeneem, terwyl die opbrengs vir droëland verdubbel het, van

1,34 ton/ha in 2004 tot 2,74 ton/ha in 2014.

Só lyk besproeiing se bydrae

tot graanproduksie

47

February 2015

Hittekanker by sonneblom

vanjaar opgemerk

S

onneblomsaailinge wat omval en vrek word van tyd tot

tyd gesien. Die bekende snywurm is gewoonlik daarvoor

verantwoordelik, hoewel ander insekte ook plante afvreet.

Snywurms vreet die jong saailinge se sagte stammetjie af

en die klein plantjie is tot niet. By groter plante vreet snywurms aan

die stam, maar die plant bly behoue met net ‘n letsel aan die stam.

Hittekanker, wat ook stamkanker (

stem cancer

) heet, laat ook jong

plante vrek en het vanjaar op die sandgrond van die Noordwes-

Vrystaat voorgekom. Dié sandgrond is veral daarvoor bekend dat dit

baie warm kan word, wat die bekende hitteskade en swak opkoms

tot gevolg het.

Hittekanker laat jong plante vrek en die skade herinner, soos reeds

genoem, aan dié van snywurms. Baie stamme is egter nie af nie,

maar ‘n duidelike ring waar weefsel vernietig is, is by die grondop-

pervlak sigbaar. Hittekanker is nie ‘n siekte nie, maar is ‘n beskadi-

ging van die buitenste weefsel van die stam deur hitte. Indien wind

voorkom, knak die stammetjie maklik by die beskadigde gedeelte.

Omstandighede moet net reg wees vir hittekanker om te ontwikkel.

Die plant moet nog klein wees en die weer moet ‘n hoë temperatuur

by die grondoppervlak tot gevolg hê. Jong saailinge (waarskynlik in

die vierblaar-stadium of kleiner) is kwesbaar terwyl die weefsel van

die stam nog sag is.

OP PLAASVLAK

Geïntegreerde plaagbeheer

Sonneblom / Hittekanker / Stamkanker

ANDRÉ NEL,

LNR-Instituut vir Graangewasse en

ANDRIES WESSELS,

Syngenta

1: Jong sonneblomplante wat weens hittekanker dood is.

1