Februarie 2015
42
OP PLAASVLAK
Geïntegreerde plaagbeheer
Daar is in 1986 weerstand teen diquat in Australië aangeteken
en sedertdien ook teen paraquat, maar geen ander gevalle van
onkruiddoderweerstand in gousblom is aangeteken nie.
Dit is egter belangrik dat antiweerstandsmaatreëls toegepas word
om te verhoed dat weerstand teen onkruiddoders ontwikkel.
Dus moet sorg gedra word dat enige onkruiddoder onder goeie
spuittoestande en die korrekte dosis toegedien word op onkruid
wat nie groter as die vierblaar-stadium is nie. Té hoë en té lae
dosisse veroorsaak hoë seleksiedruk vir teikensetel- en nie-
teikensetelweerstand onderskeidelik. Wissel ook die gebruik van
‘n effektiewe onkruiddoder so gereeld as moontlik af met ander
onkruiddoders met ‘n ander werkswyse (met ander woorde in ‘n
ander werkswysegroep).
Alternatiewe beheer
Met die oog op die voorkoming en bestuur van onkruiddoderweer-
stand is dit noodsaaklik dat daar nie net op chemiese beheer
ONKRUIDE IN DIE WINTERREËNVALSTREEK
1: Sade van die gousblom – die wollerige omhulsel help die saad om langer klam te bly en onder relatiewe droë toestande te ontkiem.
2: ‘n Gousblomplant wat in rosetvorm groei.
3: ‘n Gousblomplant met harige, geriffelde stamme en die wit, wollerige onderkant van die blaar sigbaar.
4: Die blom van die gousblom.
1
3
4
2