Background Image
Previous Page  31 / 76 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 31 / 76 Next Page
Page Background

29

February 2015

OP PLAASVLAK

Die impak van weerstoestande op die

binnelandse mieliemark

d

ie weervooruitsigte vir Suid-Afrika, die omvang van

oordragvoorrade en verwagte diepsee mielie-uitvoer-

syfers skep onsekerheid oor die komende bemarkings-

jaar vanaf Mei 2015.

Hoe seker is die mieliehandel dat

voorrade voldoende gaan wees?

In hierdie artikel word drie scenario’s geskep om ‘n beter perspektief

op die toekomstige vraag en aanbod-situasie vir Suid-Afrika te kry.

Vraag en aanbod vir die

2014/2015-bemarkingsjaar (ou seisoen)

Die 2014/2015-bemarkingsjaar word deur ‘n nasionale gemiddelde

rekordopbrengs van 5,32 ton/ha gekenmerk. Produksie het 14,3 mil-

joen ton beloop, terwyl die verwagte witmielie-uitvoersyfer van

600 000 ton teleurgestel het.

Die verwagte rekorduitvoersyfer van 1,4 miljoen ton geelmielies

het egter daartoe bygedra dat die totale mielie-eindvoorraad wat

einde April 2015 oorgedra word na die 2015/2016-bemarkingsjaar,

beperk word tot 1 979 000 ton.

Die totale uitvoersyfer behoort 1 910 000 ton te beloop. Die surplus

bo die pyplyn kan 757 000 ton beloop. Onder hierdie marktoestande

neig pryse om nader aan uitvoerprysvlakke te verhandel. Met die

skryf van dié artikel was pryse ongeveer R600/ton bo uitvoerpari-

teit, wat in die verlede ongewoon sou wees vir ‘n surplus produksie-

jaar. Die voorraad mielies is dus nie noodwendig beskikbaar in die

markplek nie.

Vraag en aanbod vir die

2015/2016-bemarkingsjaar (nuwe seisoen)

Die nuwe bemarkingsjaar skop op 1 Mei af met ‘n groot oordrag-

voorraad van 1 979 000 ton. Tydens die skryf van hierdie artikel het

daar onsekerheid oor weervooruitsigte geheers.

WESSEL LEMMER,

senior ekonoom: Bedryfsdienste, Graan SA

GRAANMARK

-oorsig

23 Januarie 2015

2014/2015

SCENARIO’S VIR 2015/2016 SE MIDSOMER

NASIONALE OPBRENGS

‘N REKORDOPBRENGS

VAN 5,32 TON/HA HET

GEREALISEER

DROË PRODUKSIE

TOESTANDE

4 TON/HA

GEMIDDELDE

PRODUKSIE TOE-

STANDE 4,7 TON/HA

GUNSTIGE PRODUK-

SIE TOESTANDE

5,4 TON/HA

Beginvoorraad

589 000

1 979 000

1 979 000

1 979 000

Produksie

14 307 000

10 315 000

12 137 000

13 959 000

Invoere

0

450 000

0

0

Aanbod

14 350 000

12 213 000

13 585 000

15 407 000

Voedselverbruik

4 850 000

4 860 000

4 860 000

4 860 000

Voerverbruik

4 920 000

4 929 000

4 929 000

4 929 000

Uitvoere

2 110 000

705 000

2 065 000

2 395 000

Eindvoorraad

1 979 000

1 217 000

1 229 000

2 721 000

Surplus bo die pyplynvoorraad

757 000

-7 000

5 000

1 497 000

TABEL 1: DIE VRAAG EN AANBOD-BERAMING VIR MIELIES VIR DIE 2014/2015-SEISOEN EN SCENARIO’S VIR DIE 2015/2016-BEMAR-

KINGSJAAR (MEI TOT APRIL).

Produksie: Volgens die Nasionale Oesskattingskomitee vir 2014/2015 en opbrengsscenario’s.

Aanbod: Die som van die beginvoorraad, produksie, vroeë lewerings, terughoudings en saadproduksie.

Eindvoorraad: Ander ongespesifiseerde verbruik is ook in aanmerking geneem saam met voedsel en voerverbruik.

Surplus bo die pyplynvoorraad: Die term beskryf die surplus wat oorbly nadat die pyplynvoorraad van die eindvoorraad afgetrek is. Die pyplynvoorraad is voorraad wat

vir ‘n periode van 1,5 maande nodig is. Indien die surplus bo die pyplynvoorraad naby aan nul is, begin pryse ondersteuning geniet.

Grafiek 1: ‘n Vergelyking tussen die rand/dollar-wisselkoers en die

dollar/euro.