Background Image
Previous Page  34 / 76 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 34 / 76 Next Page
Page Background

Februarie 2015

32

Grafiek 1: ‘n Vergelyking tussen die Brent ruolie prys, die VSA Golf mielieprys en die

CME-etanolprys.

Grafiek 2: Die verwagte etanolverbruik in die VSA.

Bron: RFA, 2015 & EIA 2015

Beide ruolie- en bio-etanolpryse het in

Januarie vanjaar ‘n laagtepunt bereik, maar

etanolpryse is tans hoër as petroleumpry-

se in die VSA. Dit kan in die kort termyn

tot ‘n afname in die verbruik van etanol lei

totdat die prysverhouding tussen etanol

en petroleum herstel. Die rede hiervoor is

dat die E15 en E85 brandstofmengsels nou

duurder as gewone petroleum is.

Mieliepryse

VSA mieliepryse het sedert 1 Mei verlede

jaar geleidelik met 27% gedaal tot ‘n laag-

tepunt op 8 September. Pryse het 11% hoër

verhandel tot middel-November. Pryse het

ná middel-November weer gedaal om 27%

laer te wees as op 1 Mei.

Hoe lyk die vooruitsigte vir

etanolverbruik in die VSA?

Volgens die U.S. Energy Information

Administration (EIA) se jongste kortter-

mynvooruitskouing vir energieverbruik kan

die verbruik van bio-etanol (in BTU-eenhe-

de uitgedruk) vir Februarie 2015 laer wees

met 16% teenoor die verbruik in Desember

verlede jaar. Die jaar-op-jaar-verbruik van

etanol in Desember verlede jaar het met

4,5% gestyg, terwyl die jaar-op-jaar-ver-

bruik vir Februarie vanjaar met 1,9% laer

geprojekteer word as die werklike verbruik

in Februarie verlede jaar.

Langer termyn

etanolverbruik vir 2015

Die EIA se jongste etanolverbruikprojeksies

vir 2015 dui daarop dat etanolverbruik jaar

op jaar kan daal. Daar word verwag dat

etanolverbruik soos gewoonlik jaarliks

gedurende Februarie ‘n seisoenale laag-

tepunt bereik. Vanjaar se VSA etanolverbruik

kan egter na verwagting ‘n daling toon.

Veral gedurende Februarie met 2,6% en in

April met 3,4%.

Opsomming

Die laer ruoliepryse kan ‘n impak op bio-

etanolpryse en mieliepryse in die VSA hê.

Die etanolmandaat is steeds in plek en uit

die jongste EIA-projeksies kan afgelei word

dat die impak van laer ruoliepryse op die

vraag na etanol kleiner kan wees as wat

verwag word.

OP PLAASVLAK

Gaan die laer ruoliepryse ‘n groot

impak op die VSA mieliemark hê?

JAN

FEB

MRT

APR

MEI

JUN

JUL

AUG

SEP

OKT

2015

0,087

0,08

0,087

0,088

0,092

0,091

0,094

0,094

0,089

0,094

2014

0,087

0,082

0,087

0,091

0,094

0,091

0,095

0,094

0,089

0,094

% verskil

-0,60% -2,60% -0,10% -3,40% -1,80% -0,40% -0,90% 0,50% 0,00% -0,80%

TABEL 1: DIE DALING IN DIE VERBRUIK VAN BIO-ETANOL IN DIE VSA (KWADRILJOEN BTU).

Bron EIA, 2014