Background Image
Previous Page  36 / 76 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 36 / 76 Next Page
Page Background

Is laer ruoliepryse =

laer insetpryse?

d

aar word wyd gespekuleer

oor die impak wat noemens-

waardige laer ruoliepryse op

ander markte en kommoditeite

kan hê. Markkommentators

en veral insetmaatskappye sê

mos altyd dit is as gevolg van die hoë

ruolieprys dat insetpryse so styg, maar

wat moet gebeur noudat die ruolieprys so

skerp daal? Uit geskiedenis leer ons wel dat

pryse baie moeiliker afkom as wat dit styg.

In hierdie artikel word gepoog om die direk-

te impakte wat laer ruoliepryse op produk-

sie-insette kan hê, uit te pak en te verstaan.

Die ruolieprys het vanaf ‘n hoogtepunt per

maand van $112 per vat in Junie verlede

jaar tot ‘n gemiddeld vir Januarie tot dus-

ver van $51 per vat gedaal. Dit is ‘n daling

van 54%.

Brandstofpryse

Plaaslike brandstofpryse word gereguleer

en die prys daarvan (uitgesluit belastings

en heffings) word op ‘n invoerpariteitsbasis

van brandstofprodukte bereken. Hierop het

die ruolieprys ‘n direkte impak. Só het die

groothandelprys van diesel sedert Junie

verlede jaar tot en met Januarie vanjaar

met 20% gedaal (vanaf R12,76 per liter na

R10,28 per liter).

CORNÉ LOUW,

senior ekonoom: Bedryfsdienste, Graan SA

INSET

-oorsig

OP PLAASVLAK

Grafiek 1: Brent ruolieprys en natuurlike gaspryse.

Grafiek 2: Brent ruolieprys en ammoniakpryse.

Pryse is

downward

sticky.

Februarie 2015

34