Background Image
Previous Page  37 / 76 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 37 / 76 Next Page
Page Background

35

® Geregistreerde handelsmerke van PANNAR BPK, © 2014 PANNAR BPK

2015/CORP/A/005A

Met soveel veranderlikes in boerdery, kan jy van een

ding seker wees: by PANNAR werk ons hard om risiko

uit te skakel. Ons kombineer die beste basters met

praktiese oplossings en innoverende saad- en

plantbeskermingsprogramme vir optimale produksie.

Span ons kundige advies in tot jou voordeel.

Boerdery is in jou

bloed. Om jou sukses te

verseker, is in ons s

n.

Praktiese op-die-plaas-navorsing

bied produksiebestuursriglyne.

Vir presisieplasing van basters.

Omvattende saad- en plant-

beskermingsinisiatiewe.

Swamdoder- en insekdoderspuit-

programme.

TM

PRAKTIESE BOERDERY OPLOSSINGS

TM

Saam boer ons

vir die toekoms

www.pannar.com infoserve@pannar.co.za

Met die skryf van hierdie artikel (21 Januarie 2015) het die Sen-

trale Energie Fonds ‘n daling vir Februarie in die dieselprys van

R1,04 per liter verwag. Dit sal die groothandelprys van diesel op

R9,24 per liter te staan bring, wat ‘n daling van 28% sedert Junie

verlede jaar weerspieël.

Die uiteensetting van ons brandstofpryse en die verswakking

van ons wisselkoers het veroorsaak dat die 54%-daling in die

ruolieprys nie heeltemal in plaaslike pryse weerspieël word nie.

Van die groothandelprys van diesel vir Januarie vanjaar van

R10,28 per liter, beslaan belastings en heffings R4,46 of 43%.

Hierdie gedeelte behoort dus nie saam met ruoliepryse af te kom

nie; inteendeel, verdere verhogings word in April vanjaar ver-

wag. Met ander woorde, die verlaging in ruoliepryse behoort net

die oorblywende 57% te beïnvloed.

Kunsmispryse

Laer ruoliepryse behoort ‘n direkte impak op energieverwante

kommoditeite, soos kunsmis te hê. Die ruolieprys kan ‘n direkte

invloed op kunsmispryse op ‘n paar maniere hê:

Eerstens behoort ‘n laer ruolieprys (energieprys) die produk-

siekoste van kunsmis goedkoper te maak.

Tweedens behoort ‘n laer ruolieprys kunsmispryse oor die

algemeen goedkoper te maak aangesien ‘n groot persentasie

van die wêreld se kunsmis redelik ver vervoer moet word.

Derdens behoort dit ‘n direkte invloed op stikstofpryse (N)

te hê. Ruoliepryse beïnvloed natuurlike gaspryse, wat die

hoofgrondstof vir stikstofproduksie is (dit maak tussen 60%

en 85% van totale produksiekoste van ammoniak uit). Laer

ruoliepryse kan met ander woorde moontlik laer stikstofpryse

tot gevolg hê (sien

Grafiek 1

vir die korrelasie tussen die

ruolieprys en natuurlike gaspryse en tussen die ruolieprys en

ammoniakpryse in

Grafiek 2

).

Landbou-chemikalieë

Alle aktiewe bestanddele van plaaslike landbou-chemikalieë word

ingevoer. Daar is ook heelwat landbouchemiese middels waar

petroleumprodukte die basiese grondstof is vir die vervaardi-

ging daarvan.

Ander insette

Weens die hoë vervoerkoste verbonde aan die meeste insette

wat in Suid-Afrika gebruik word, behoort laer brandstofpryse die

vervoerkomponent wat insetpryse opmaak, te verlaag. Omdat

energiepryse oor die algemeen behoort te verlaag as gevolg

van laer ruoliepryse, behoort dit ook die produksiekoste van die

meeste insette te verlaag.

Opsommend

Hoewel ruoliepryse ‘n direkte impak op insetpryse kan hê, het

elke inset ook sy eie vraag en aanbod-situasie wat pryse beïn-

vloed en nie uit die oog verloor moet word nie. Die wisselkoers

gaan ook ‘n bepalende rol speel in terme van die mate waarin laer

internasionale pryse na die plaaslike mark deurgegee word.

Omdat ‘n groot hoeveelheid van Suid-Afrika se insette ingevoer

moet word en selfs plaaslik ‘n redelike vervoerkomponent in

die koste ingebou het, kan laer ruoliepryse hierdie gedeelte goed-

koper maak.

Dit is altyd moeilik om te bepaal wanneer die mark laer pryse

gaan reflekteer. Markte is altyd geneig om stygende pryse vin-

niger deur te gee aan die verbruiker as dalende pryse – soos die

Engelse dit noem: Pryse is

downward sticky

. Met ander woorde:

Daar word verwag dat indien laer pryse deurgegee word aan die

mark, dit eers ná ‘n paar maande sal gebeur.