Background Image
Previous Page  27 / 76 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 27 / 76 Next Page
Page Background

25

February 2015

OP PLAASVLAK

Bewaringslandbou

Ook interessant, is die waarneming wat by die proef op Bultfon-

tein, op die watertafelgronde, gemaak is. Hierdie proef is geplant

op ‘n blok waar daar twee jaar gelede regstellings gemaak is en

die verdigtingslae opgehef is.

In die jaar voor die regstellings, was die mielies in ‘n treinspoorsis-

teem aangeplant, wat beteken dat twee rye 0,9 m uitmekaar geplant

word, opgevolg deur ‘n 2,1 m ry. By die eerste oes ná die regstel-

lings, was die mielies in 1,5 m rye aangeplant wat toe net platgerol

is en net so gelaat is sodat die eerste direkte plant geplant kon word.

Die eerste direkte plant gedeeltes was skuins oor die rye geplant

en hier kon die interessante waarnemings gemaak word. In hierdie

oes is die effek van twee oeste terug nog sigbaar en hoewel die

gewasse se hoogtes verskil het, was daar nie merkbare verskille in

die opbrengste nie.

Die oorskadu-effek het ook besondere waarnemings veroorsaak,

waarvan die eerste was rakende die hoeveelheid vog beskikbaar

vir die gewasse. Hoe hoër die oorskadu; hoe meer vog was vir die

plante beskikbaar.

Vogstudies en temperatuur

Hoewel die vogstudies nog nie afgehandel is nie, kon die waar-

neming gemaak word dat daar meer vog in die bogrond by die

hoër plantestande waargeneem kon word.

Daar word algemeen aangeneem dat dit baie warmer moet wees

waar die plantestand hoër is. Dit is egter interessant dat hoe

hoër die plantestand is, hoe laer is die temperatuur op die grond.

Hierdie waarneming is gemaak deur temperatuurmeters wat op

die grondoppervlakte aangebring is. Die verskille het gevarieer,

maar die hoër plantestand behandelinge was regdeur die tyd laer.

Goeie resultate

Die belangrikste waarneming was dat hierdie direkte plant sisteem

iets in hom het. Gegewe hierdie moeilike jaar was daar baie goeie

stroopresultate gewees. Dit bly egter ‘n ope vraag of die resultate

volgehou kan word; maar dat daar iets in steek, is gewis. Die resultate

het almal betrokke geskok en was gegewe die jaar, ongelooflik goed.

Kultivarverskille is ook in die stelsel waargeneem. Nie al die kulti-

vars presteer dieselfde nie en sommige kultivars sal verseker nie in

hierdie sisteem inpas nie. Nog baie werk sal egter hieroor gedoen

moet word.

Dit is ook belangrik om te sorg dat die turbo-kouter reg gestel is.

Die turbo-kouter moet deur die eerste paar verdigtingslae kan sny

sodat daar ‘n dieper voor is waarin die wortels kan ontwikkel. Die

verwagting is dat die jong wortels van veral sonneblom en sojabone

geneig is om nie maklik te draai nie, maar dit wil voorkom of dit nie

die geval is nie. Miskien moet die turbo-kouter op hierdie gewasse

nie te diep werk nie?

Winsgewendheid

Die winsgewendheid van elke verandering is baie belangrik. In hierdie

drie jaar is die koste van die stelsels bygehou en kan ‘n volledige

kosteberekening gedoen word wat beide veranderlike asook vaste

koste insluit.

3: Die effek van 50 cm en 90 cm rye. Die

90 cm rye draai toe, terwyl die

50 cm baie min effek toon.

4: Die wortels van sonneblomplante

het presies gedraai waar daar ‘n groot

verandering in die grond se digtheid

voorgekom het. Op die foto kan die

gedraaide penwortel mooi gesien word.

‘n Kykie na direkte plant proewe in Suid-Afrika

3

4