Background Image
Previous Page  32 / 76 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 32 / 76 Next Page
Page Background

30

impak op die VSA mieliemark hê?

D

ie laer ruoliepryse is vir VSA produsente ‘n bron van

kommer ten spyte daarvan dat dit blyk dat die bio-etanol

inmeng mandaat in die VSA nie verlaag sal word nie. Die

belegging in infrastruktuur in die klein- en groothandel om

bio-etanol te hanteer, is groot.

Hierdie mandaat verseker ‘n mark vir bio-etanol. Die voorraadvlak-

ke vir bio-etanol is egter hoog en die groot aanbod kan bio-etanol se

pryse beïnvloed.

Aanduidings is dat die brandstofpryse in die VSA tot vlakke laer as

bio-etanolpryse gedaal het. Al is die bio-etanolprys tydelik hoër

as brandstofpryse, moet raffinaderye aanhou om bio-etanol in te

meng om bemarkbare brandstof in die mark te plaas.

Onlangse negatiewe mediaverslaggewing oor die verlaagde ver-

bruik of aankope van bio-etanol in die VSA hou veral verband

met handelaars wat voor Kerstyd en Nuwejaar hul bio-etanolvoor-

rade aangevul het.

Dit het verbruiksyfers voor die feestyd skerp laat toeneem. Aan-

koop- en verbruiksyfers deur klein- en groothandelaars het gevolg-

lik oor die wintervakansie in die VSA skerp gedaal. Die aangevulde

voorraad is gebruik in stede daarvan om nuwe aankope te maak.

Dit is egter so dat die laer ruoliepryse tot laer bio-etanolpryse

in die VSA kan lei. Die winsmarges van biobrandstofprodusente

kom toenemend onder druk. Indien ruoliepryse verder sou daal en

tot laer bio-etanolpryse gaan lei, kan dit ook tot ‘n laer vraag na bio-

etanol lei.

Die kleinhandelinfrastruktuur in die VSA is goedkoper vir standaard

inmengkoerse van 10% bio-etanol. Vir E11- tot E25-brandstof is die

koste hoër, maar vir die hantering van E26- tot E85-brandstof is die

koste aan toerusting aansienlik hoër.

In die VSA word die vraag na E15-brandstof geraak wanneer die

bio-etanolprys hoër is as die petroleumprys. Voordat die pe-

troleumpryse so skerp gedaal het, was E15-brandstof 5 tot 10

VSA-sent per gallon goedkoper. Met ander woorde,

solank as wat die petroleumprys in die VSA goedkoper

is, kan E15-brandstofverbruik in die VSA daal omdat die

biobrandstofproduk duurder is.

Petrolpompe wat ‘n hoër hoeveelheid bio-etanol inmeng

(E26 tot E85), het duurder toerusting nodig. Dit is egter

ook waar dat laer ruolie- en brandstofpryse in die VSA

daartoe lei dat die vraag na groter voertuie met ‘n hoër

brandstofverbruik toeneem en dit stimuleer weer die vraag

na brandstof.

Dieselfde is waar vir die E85-biobrandstofproduk. Daar

word voorsien dat die Amerikaanse verbruiker groter voer-

tuie met ‘n hoër brandstofverbruik sal koop. Hierdie voer-

tuie kan E85-brandstof hanteer. Sodra die prysverhouding

tussen petroleum en bio-etanol dus na vlakke herstel waar-

tydens bio-etanol weer goedkoper as petroleum is, kan dit

gebeur dat die vraag na bio-etanol sal styg. Die rede is dat

daar meer voertuie op VSA paaie sal wees, wat dan die

goedkoper bio-etanolvermengde brandstof soos E15 en

E85 sal gebruik.

Die Brent ruolieprys het aan die begin van die mieliebemar-

kingsjaar op 1 Mei 2014 op 108 per vat teen die dollar ver-

handel. Die VSA Golf mielieprys het 238/ton teen die dollar

verhandel en CME-etanolpryse het teen $2,17/eenheid

verhandel.

Ruolie

Die prys van ruolie het vanaf 1 Augustus verlede jaar skerp

begin daal. Op 12 Januarie vanjaar het die prys van ruolie ‘n

daling van 57% sedert 1 Augustus aangeteken.

Etanolpryse

Etanolpryse het skerp met 31% begin daal vanaf die begin

van September verlede jaar tot die einde van dieselfde

maand. Etanolpryse het daarna gestyg en volledig herstel

teen 1 Desember om net daarna weer skerp met 40% te

daal tot middel-Januarie vanjaar.

OP PLAASVLAK

WESSEL LEMMER,

senior ekonoom: Bedryfsdienste, Graan SA

23 Januarie 2015