Background Image
Previous Page  33 / 76 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 33 / 76 Next Page
Page Background

® Geregistreerde handelsmerke van PANNAR BPK, © 2014 PANNAR BPK

2015/CORP/A/001A

As boer ervaar jy die druk om die groeiende bevolking

en ons toekomstige geslagte te voed. Almal sien op

na jou… en met so ’n groot verantwoordelikheid is dit

belangrik om seker te wees van elke besluit wat jy

neem. Wees gerus, PANNAR is verbind tot jou sukses.

Almal maak op

n boer staat.

Saam boer ons

vir die toekoms

ULTRAMODERNE

NAVORSINGEN

ONTWIKKELINGSTEGNOLOGIE

GEWASVOORSORG

PRESISIE-

BEPLANNING

GEWASBESKERMINGS-

BESTUURSPRAKTYKE

www.pannar.com infoserve@pannar.co.za

31

Die gewas het landswyd goeie voorseisoenproduksietoestan-

de beleef.

Gunstige opvolgreën scenario (5,4 ton/ha)

Indien die toestande voortduur en met voldoende opvolgreën, is

‘n rekord nasionale opbrengs van 5,37 ton/ha nie uitgesluit nie.

Die vorige jaar se rekordopbrengs het 5,32 ton/ha beloop.

Indien hierdie scenario hom sou voordoen, beteken dit dat die

land ‘n eindvoorraad mielies van 2,7 miljoen ton op 30 April

volgende jaar kan oplewer. Dit is nadat ‘n goeie uitvoersyfer van

2,4 miljoen ton vir heelmielies en mielieprodukte gerealiseer het.

Geelmielie-uitvoere van 1,5 miljoen ton en witmielie-uitvoere

885 000 ton kan potensieel realiseer. Die scenario laat egter

steeds ‘n surplus bo die 1,5 maande pyplynbehoefte van 1,5 mil-

joen ton. Dit beteken dat onder die omstandighede, pryse

teen uitvoerprysvlakke vir die 2015/2016-bemarkingsjaar kan

verhandel en onder groot binnelandse prysdruk kan verkeer.

Droër weervooruitsigte scenario (4 ton/ha)

Hierdie scenario begin ook met die groot oordragvoorraad van

1 979 000 ton, maar met die verskil dat droë, warm weerstoe-

stande met ondergemiddelde reënval vanaf middel-Januarie

beleef word. ‘n Buitengewone tekort aan reën kan tot ‘n nasio-

nale opbrengs van 4 ton/ha lei.

Indien hierdie scenario hom sou voordoen, beteken dit dat die

land ‘n eindvoorraad mielies van 1,2 miljoen ton op 30 April

volgende jaar kan oplewer. Die eindvoorraad mielies kan reali-

seer nadat heelmielie- en mielieprodukuitvoere van 705 000 ton

na die bestendige Botswana, Lesotho, Namibië en Swaziland

(BLNS) mark gerealiseer het.

Die aanbod van mielies is beperk en invoere van 450 000 ton

geelmielies kan nodig wees. Die verbruik van geelmielies vir

voerdoeleindes beloop byna 4,1 miljoen ton. Die verbruik van

witmielies in die veevoermark neig laer en kan 830 000 ton

beloop.

Weens die laer produksiesyfer vir witmielies en omdat bronne

vir witmielie-invoere beperk is, daal die verbruik van witmielies

in die veevoermark en word voorsien dat geelmielies ingevoer

sal moet word. Onder dié scenario behoort pryse beter onder-

steuning te geniet en nader aan invoerpariteit te verhandel.

Gemiddelde produksieomstandighede (4,7 ton/ha)

Hierdie scenario lewer ‘n eindvoorraad mielies van 1,2 miljoen ton

op. Die aanname word gemaak dat mielie-uitvoere 2 065 000 ton

kan beloop waarvan witmielie-uitvoere 595 000 ton en geel-

mielie-uitvoere 1,47 miljoen ton beloop. Indien dié scenario

homself voordoen en die mielies vir diepsee mielie-uitvoerbe-

stemmings teen middel-Oktober gerealiseer het, kan pryse van-

af middel-Oktober vanjaar begin herstel vanaf uitvoerprysvlakke.

Die volledige vraag- en aanbodgegewens is op Graan SA se

webblad beskikbaar.

GRAANMARK-OORSIG

SA Graan/

Sasol Chemicals (Kunsmis) fotokompetisie

OP PLAASVLAK