Background Image
Previous Page  35 / 76 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 35 / 76 Next Page
Page Background

33

® Geregistreerde handelsmerke van PANNAR BPK, © 2014 PANNAR BPK

2015/CORP/A/003A

Boerdery vereis gespesialiseerde kennis. Danksy ’n

ultramoderne tegnologiesentrum reg hier in Afrika

is ons op die voorpunt van innovasie in navorsing

en saadteling. Jy kan op uitsonderlike produkte en

uitstekende diens van PANNAR staatmaak.

Boerdery vereis

ervaring, kennis en

goeie oordeel.

ULTRAMODERNE

NAVORSINGEN

ONTWIKKELINGSTEGNOLOGIE

GEWASVOORSORG

PRESISIE-

BEPLANNING

GEWASBESKERMINGS-

BESTUURSPRAKTYKE

Saam boer ons

vir die toekoms

www.pannar.com infoserve@pannar.co.za

Opsomming

Met die skryf van hierdie artikel het die mieliebedryf groot

onsekerheid ten opsigte van weervooruitsigte beleef. Sekere

weervoorspellings het op ondergemiddelde reënval vir Fe-

bruarie en Maart gedui en produsente het uit sommige

produksiegebiede berig dat die opbrengspotensiaal van mielies

deur die warm en droër produksietoestande geraak word.

Indien die mielieproduksiegebiede wel binne drie weke vol-

doende en goeie opvolgreën sou ontvang, kan ‘n uiters positiewe

scenario ook voorkom. Die gunstige vegetatiewe ontwikkeling

van dié gewas tot middel-Januarie, skep die potensiaal vir ‘n

rekordproduksiejaar wat selfs die 2014/2015-bemarkingsjaar

kan oortref.

Hoe kan die sterk dollar ‘n invloed op

ons mieliepryse hê?

Die dollar het in 2014 teenoor die euro versterk, terwyl die rand

deurlopend in die lang termyn voortdurend verswak het.

‘n Sterk dollar lei tot laer VSA kommoditeitspryse. Die VSA is ‘n

netto uitvoerland vir onder andere mielies, koring en sojabone

en indien die dollar versterk, moet die binnelandse prys van

VSA kommoditeite daal om mededingend op die uitvoermark

te wees.

Dit kan tot laer uitvoerpariteitspryse vir Suid-Afrika se mielies

lei. Die swakker rand bied egter gedeeltelike verskansing vir

die Suid-Afrikaanse mielieprys teen die sterker dollar en laer

VSA mieliepryse en stel Suid-Afrika gewoonlik in staat om met

ander uitvoerlande tot einde September in die uitvoermark

mee te ding.

GRAANMARK-OORSIG

SA Graan/

Sasol Chemicals (Kunsmis) fotokompetisie

OP PLAASVLAK