Februarie 2015
26
Interessant om op te let dat die veranderlike koste tussen die
stelsels nie dramaties van mekaar verskil nie. Diesel- en herstel-
kostebesparings word verruil vir meer onkruiddoder en dalk vir
meer saad.
Die groot kosteverskille is by die vaste koste en op ‘n gelyke basis
kan dit tot 50% minder wees. Die besparing is hoofsaaklik
omdat minder kapitaal in ysters benodig word asook die langer
lewensverwagting van die groot kapitaalbeleggings.
Ander vaste koste wat baie verminder kan word, is salarisse, ver-
sekering en waardevermindering van toerusting. Omdat daar baie
minder tyd per hektaar gewerk word, kan een arbeider heelwat
meer hektaar per dag doen. Verder, omdat baie minder masjinerie
benodig word, is masjinerieversekering ook heelwat minder.
In totaal kan die koste maklik 15% minder wees. Onthou net, as be-
sluit word om oor te skakel kan die druk op die kontantvloei vir
die eerste vyf jaar verhoog word omdat ‘n groot klomp betaalde
toerusting met nuwes vervang moet word. Beplan hierdie oor-
skakeling sorgvuldig.
Wat die opbrengste betref, was hierdie drie jaar nog te kort om
presies te sê wat gaan gebeur. Oor die algemeen het die direkte
plant stelsels alle verwagtinge oortref. Die opbrengste was veral
in die Nigel proef baie beter as die konvensionele stelsels. Op
die sandgronde is die proef slegs vir twee jaar geplant en het
die opbrengste nie dramaties van die konvensionele stelsels
verskil nie. Hierdie proewe sal nog herhaal moet word om ‘n
besliste antwoord te kan gee.
Laat ons egter nie hieroor twyfel nie: Daar steek iets in direkte
plant wat verder ondersoek moet word en dit sal verseker die toe-
koms van graanverbouing verander.
Die rol van die medewerkers kan nie misgekyk word nie. Daar
moet veral ‘n woord van dank aan al die produsentmedewerkers
en insetverskaffers gerig word. Sonder hulle hulp kon hierdie
projekte nie bestaan het nie. Weens verskeie redes is daar besluit
om hierdie amptelike verbintenis tussen die verskillende rolspelers
te staak en sal daar nie in die toekoms verder met hierdie proewe
voortgegaan word nie.
Kontak Pietman Botha by 082 759 2991 vir navrae.
5: Die geskiedenis van die land speel ‘n groot rol in hoe die gewasse
vertoon. In hierdie geval was die land twee seisoene voor die huidige
seisoen diep op die ry gewerk. Waar die mielies hoër is, het die ripper
gewerk. Aan die einde van die seisoen was daar geen verskil in op-
brengs nie.
6: Die planters kan deur dik materiaal sny, maar die 15° draaibeginsel
moet toegepas word anders sleep die planters die materiaal saam.
OP PLAASVLAK
Bewaringslandbou
‘n Kykie na direkte plant
proewe in Suid-Afrika
5
6