SA Grain February 2014 - page 37

Selektiwiteit van 2,4-D en MCPA in koring word deur die stadium van
ontwikkeling van aar-groeipunte bepaal. Hierdie onkruiddoders is
slegs veilig vir hierdie gewas wanneer dit tydens groeistadia 7 en 13
toegedien word (verwys na lys van koringgroeistadia opgestel deur die
LNR-Kleingraaninstituut, Bethlehem). Toediening van dié onkruiddoders
op stadia wat buite voorgenoemde groeistadia val, sal waarskynlik tot
gewasskade lei.
In sekere gevalle berus onkruiddoder-selektiwiteit daarop dat die gewas
oor ‘n meganisme beskik waardeur die onkruiddoder binne-in die plant
vinniger afgebreek of geneutraliseer word aswat die geval in onkruidplante
is. Plant-ensieme in mielies en sojabone beskerm hierdie gewasse
teen onderskeidelik grasdoders (byvoorbeeld
alachlor
,
acetochlor
en
metolachlor
) en breëblaardoders (byvoorbeeld
chlorimuron-ethyl
).
Tegnologie bestaan reeds sedert die 1970’s om onkruiddoder-
selektiwiteit deur middel van genetiese modifikasie (GM) by gewasplante
te skep. Roundup Ready gewasse is wêreldwyd die gewildste GM-
tegnologie wat berus op die inbou van onkruiddoder-selektiwiteit by
sekere gewassoorte. Hierdie tegnologie het dit moontlik gemaak om ‘n
nie-selektiewe onkruiddoder, glifosaat, op selektiewe wyse in Roundup
Ready gewasse aan te wend. Hierdie tegnologie is aan die begin van
die 21ste eeu deur kenners op die terrein van onkruidwetenskap as die
grootste deurbraak in ‘n 100 jaar van landboutegnologiese ontwikke-
ling beskryf.
Onkruiddoder-eienskappe
In die geval van ‘n kontak-onkruiddoder, soos paraquat, is daar min tot
geen selektiwiteit tussen plante ter sprake nie omdat opname deur en
translokasie in teikenplante baie beperk is, met die gevolg dat plantfaktore
se invloed op selektiwiteit in so ‘n geval uitgeskakel word. Gevolglik word
paraquat as ‘n nie-selektiewe onkruiddoder beskou, met ander woorde
dit beskadig alle plante waarvan die lewende, bogrondse dele met dié
onkruiddoder in aanraking kom.
Soos vroeër genoem is, word sommige onkruiddoders vinniger binne-
in die gewasplant onskadelik gestel as in onkruide, wat beteken dat die
betrokke gewas onkruiddoder-verdraagsaam is. In die geval van ‘n nie-
selektiewe onkruiddoder, soos glifosaat, wat normaalweg nie vinnig in
plante onskadelik gestel word nie, was dit nodig om deur middel van
GM-tegnologie ‘n spesifieke glifosaat-sensitiewe ensiem met ‘n glifosaat-
onsensitiewe weergawe van dieselfde ensiem as’t ware te oordonder
sodat dié ensiem se werking kon voortgaan ten spyte van glifosaat se
teenwoordigheid in die plantsisteem.
Onkruiddoders word óf deur plantwortels óf deur loof (blare/stingels)
opgeneem, óf deur beide wortels en blare. Onkruiddoders wat alleenlik
deur die loof opgeneem word, soos byvoorbeeld glifosaat, kan dus op
selektiewe wyse in nie-Roundup Ready gewasse gebruik word indien
toediening geskied op onkruide wat reeds op is voordat die gewas
geplant is, óf na-plant maar voor-opkoms van die gewas.
Rol van omgewingsfaktore
Temperatuur, reënval en sekere grondeienskappe het ‘n groot invloed op
die selektiwiteit wat veral sekere soorte onkruiddoders openbaar.
Bepaalde kombinasies van bogenoemde drie faktore kan onkruiddoder-
selektiwiteit en dan spesifiek gewas-verdraagsaamheid teenoor sekere
onkruiddoders, nadelig beïnvloed; dermate dat gewasskade selfs by ‘n
normaalweg onkruiddoder-verdraagsame gewas kan plaasvind.
Die kombinasie van lae temperatuur/hoë grondvog/lae klei-inhoud kan
die selektiwiteit van sekere grondtoegediende onkruiddoders verlaag
weens ‘n drieledige kombinasie van: Hoë onkruiddoder-opname in nat
grond met lae klei-inhoud; vertraagde onkruiddoder-inaktivering binne-
in plante weens lae ensiem-aktiwiteit by lae temperatuur; en vertraagde
opkoms van die saailing onder koue toestande, wat veroorsaak dat die
onkruiddoder langer met gevoelige plantdele in kontak is.
Opsommend
Die selektiewe plantdodende werking van onkruiddoders maak dit
moontlik om hierdie uiters belangrike landbouhulpmiddels met veiligheid
in ‘n groot verskeidenheid gewasse te gebruik.
Daar is perke aan die selektiwiteit wat onkruiddoders openbaar – verskeie
faktore wat in meeste gevalle nie beheerbaar is nie werk daarop in.
Onder bepaalde kombinasies van faktore wat hierbo bespreek is, kan
selfs onkruiddoders wat vir ‘n bepaalde gewas geregistreer is, skade aan
daardie gewas veroorsaak.
Aangesien gewasse in alle gevalle ten beste as onkruiddoder-
verdraagsaam en nie as onkruiddoder-weerstandig beskou behoort te
word nie, is dit uiters belangrik dat gebruikers van onkruiddoders
nougeset moet hou by etiketvoorskrifte. Waarskuwings, gebruiks-
beperkings en voorskrifte op onkruiddoder-etikette is die resultaat
van basies betroubare navorsing en ontwikkeling deur maatskappye,
uitgevoer onder toesig van die regulatoriese gesag (Wet 36 van 1947).
Vir meer inligting, kontak prof Charlie Reinhardt by 083 442 3427.
Bronne en verdere leesstof
Cobb, A. & Reade, J.P.H. 2010.
Herbicides and plant physiology
. Wiley-Blackwell.
Peterson, D.E.
et al
. 2010.
Herbicide mode of action.
Kansas State Univ Agric Exp Station and
Cooperative Extension Service. (
)
.
Weed Science Society of America. 2007.
Herbicide Handbook, 9th ed
. Lawrence, KS, VSA.
Illustrasie van die doeltreffendheid van GM-tegnologie by mielies.
Foto: C Reinhardt
35
February 2014
1...,27,28,29,30,31,32,33,34,35,36 38,39,40,41,42,43,44,45,46,47,...68
Powered by FlippingBook