Plaagbeheer
Insette/Produksie
Februarie 2014
36
AALWURMSIMPTOME:
Waarna moet jy oplet?
DR SONIA STEENKAMP, LNR-INSTITUUT VIR
GRAANGEWASSE, POTCHEFSTROOM
Gedurende die begin van die seisoen is die
Nematologie Eenheid van LNR-Instituut vir
Graangewasse (LNR-IGG) uit alle rigtings
oorval met navrae oor aalwurms.
Die goeie nuus is dat die meeste produsente
(en landbouvoorligters) nou bewus raak
van aalwurms en die probleme wat hulle
veroorsaak, en dus nie meer sommer met die
spreekwoordelike “broek op die knieë” gevang
word nie.
Daar is egter slegte nuus ook, en dit is dat
dit steeds ‘n geoefende oog en baie ervaring
van ‘n deeglik opgeleide nematoloog agter
‘n mikroskoop verg om te identifiseer of dit
werklik aalwurmprobleme eerder as iets
anders is.
Tog is daar ‘n paar riglyne wat dit vir feitlik
enige iemand wat oplettend is, moontlik maak
om die bekende tekens van aalwurms in ‘n
land met eenjarige gewasse raak te sien. Deur
hierdie riglyne te volg, kan die produsent baie
moeite en koste bespaar word.
Eerste tekens van
aalwurmbesmetting
Dié van ons wat nou nie kan spog met
superieure handvaardigheid nie, weet dat die
mense in die verfwinkel een of ander geheime
opleiding ondergaan om ons op ‘n afstand raak
te sien en dadelik te kan identifiseer.
Die verf wat hulle dan aan ons verkwansel, is
sweerlik baie meer loperig en drupperig as dié
waarmee die meer vaardige persone werk...
As jy dan begin verf, loop die spul af en maak
oral blertse en kolle op die vloer waar jy nie
veronderstel is om te verf nie en nie een kol is
dieselfde vorm of grootte nie.
Die arme hond kry ook sommer ‘n addisionele
druppel op die kop as hy per ongeluk in die
omtrek is en die kat ruk sy stert vies omhoog
as hy per abuis op ‘n druppel trap wat op ‘n
onverklaarbare wyse so drie meter van jou af
op die vloer beland het!
Dit is nou presies hoe aalwurmsimptome
op die oog af in ‘n land voorkom (
Foto 1
). Dit
maak onooglike kolle en blertse in die land,
waar die plante geel en soms selfs verlepperig
lyk. Hierdie kolle kan enige plek in die land
voorkom, in hoeveelhede verskil en nie een lyk
dieselfde nie.
Dus, as die geel plante in ‘n ordelike ry(e)
voorkom waar die een ry se plante siek lyk en
die ander twee rye weerskante van die siek
ry blakend gesond vertoon, is dit beslis nie
aalwurm nie. So ook as daar net een of twee
plantjies in ‘n ry olik lyk en die res van die
plante rondom die siek plant(e) mooi groen en
sterk voorkom, moet daar vir seker na ‘n ander
sondebok gesoek word.
Hierdie eenvoudige reël is van toepassing op
die meeste van die aalwurms en eenjarige
gewasse. Die enigste uitsondering op die reël
is peulaalwurms op grondbone.
Anders as die ander aalwurms wat van
ontkieming van die saailing af op die wortels
van die plant voed en sodoende die plant se
“water en ligte” afsny, voed hierdie aalwurm
hoofsaaklik op die grondboon se peule en nie
op die wortels van die plant nie.
Hierdie kalant veroorsaak dus geen bogrond-
se simptome nie, so daar is nie ‘n vroeë
alarm wat vir peulaalwurmbesmetting af-
gaan nie. Gelukkig beskadig peulaalwurm net
grondbone, so produsente hoef nie op die
uitkyk te wees vir hierdie rateltaai kalant op
die ander gewasse as daar die vorige jaar erge
peulaalwurmbesmetting was nie.
Hoe lyk die wortels van
aalwurmbesmette plante?
Knopwortelaalwurm is die aalwurm wat die
algemeenste by al die eenjarige gewasse
voorkom omdat hulle op so baie gewasse
kan parasiteer. Dit is ook baie maklik vir ‘n
produsent om die simptome wat deur hierdie
aalwurm op die wortels veroorsaak word, raak
te sien.
Foto 1: Tipiese bogrondse aalwurm-
simptome in ‘n mielieland.