

‘n “Kyk weer-bakkie”
t
oe die eerste Chinese bakkies in 2007 in Suid-Afrika bekend-
gestel is, het verskeie vervaardigers met dieselfde resep
vorendag gekom, naamlik die bakwerk uit ‘n vorige geslag
van die Isuzu KB met ‘n enjin wat ontwikkel is uit Toyota se
bekende 4Y-enjin van 2,2 liter.
Baie van die Chinese bakkievervaardigers het sedert 2007 pro-
beer om ‘n mark in Suid-Afrika te vestig. ‘n Mens dink byvoor-
beeld aan Gonow, Meiya, Soyat, CAM en Fudi – en moenie dink
hulle was klein en onbelangrik in China nie!
Hulle is groot vervaardigers, maar hul plan om die bakwerk uit ‘n
vorige geslag van die Isuzu KB met ‘n enjin wat ontwikkel is uit
Toyota se bekende 4Y-enjin van 2,2 liter met hul eie handelsmerk
te gebruik, het nie in Suid-Afrika geslaag nie. Suid-Afrikaners ken
hulle bakkies en hierdie pogings is geweeg en te lig bevind.
Drie Chinese vervaardigers het egter staande gebly, naamlik JMC,
GWM en Foton. Laasgemelde vervaardiger het in 2013 die Tunland
bekendgestel en ‘n nuwe beperkte model, bekend as die Granite, is
pas by die reeks gevoeg.
Die Tunland is al gevestig in Suid-Afrika, maar kon nog nie ‘n
groot indruk op die Suid-Afrikaanse publiek maak soos die
Toyota Hilux, Ford Ranger of Isuzu KB nie – al bied dit waarde
teen ‘n baie aantreklike prys. Miskien is daar ‘n mate van handels-
merk-snobisme.
Granite is net in ‘n 4x2-model beskikbaar en daar is ‘n paar
opvallende verskille vergeleke met die Luxury-model, wat tot
dusver die topmodel was. Daar is byvoorbeeld baie panele wat in
swart, eerder as chroom of in die bakkleur, afgewerk is.
Dit sluit die rooster, kantspieëls en modderskerms en bosbreker in.
Daar is ook ‘n rolstaaf en ‘n seiltjie op die bak, wat egter losgeskroef
moet word wanneer ‘n vrag gedra moet word. Die Granite-
handelsmerk is op die voorste deure en op die agterklap van die
laaibak. Die Granite kom met kenmerkende swart wiele met
Cooper-bande en sy grondvryhoogte is hoër as dié van die ander
modelle. Swart treeplanke maak toegang tot die binnekant makliker.
Die binnekant van die Granite is baie netjies afgewerk: Die swart
leersitplekke is standaardtoerusting en die Granite-handelsmerk is
ook op die voorste kopstutte aangebring. Daar is dun houtstroke op
die paneelbord en die deure en dit lyk baie mooi. Daar kan ook nie
fout met die bougehalte gevind word nie. Hoewel kenmerke soos
‘n tru-kamera en ‘n raakskerm vir die klankstelsel in hul afwesig-
heid skitter, is daar min ander dinge wat ‘n mens nog sou wou hê.
As ‘n mens egter die bakkie se prys in aanmerking neem, is hy eint-
lik uitstekend toegerus. Daar is oorgenoeg plek vir vier (dalk selfs
vyf) mense en dit is nie so ongemaklik om by die agterste deel van
die kajuit in te kom soos met vroeëre dubbelkajuitbakkies nie.
Dit het ‘n uitstekende klankstelsel met ‘n radio en CD-speler. Daar
is plek vir ‘n USB-stokkie regs van die CD-speler, maar om dit te
gebruik is ‘n uitdaging. Daar is gelukkig ook parkeersensors agter
– wat tot ‘n mate vir die gebrek aan ‘n tru-kamera vergoed.
Een groot besprekingspunt van die Tunland is die 2,8 liter turbo-
aangejaagde dieselenjin. Hierdie enjin is deur die Amerikaanse
vervaardiger Cummins ontwikkel en het ‘n kraglewering van 96 kW
teen 3 600 r/min en ‘n wringkrag van 280 Nm tussen 1 400 r/min en
3 000 r/min.
GERRIE SMIT,
lid van die SA Motorskrywersgilde
WIELE
vir die plaas
– padindrukke van die Foton Tunland Granite