

OP PLAASVLAK
Belangrike ekonomiese aanwysers en
insetprystendense vir 2016
CORNÉ LOUW,
senior ekonoom: Graan SA
INSET
-oorsig
d
ie volatiliteit van die rand was in 2016 ‘n hoogtepunt,
óf ‘n laagtepunt – afhangend hoe ‘n mens daarna kyk.
Een ding is seker en dit is dat volatiliteit besluitneming
bemoeilik.
Alhoewel die rand vanaf Oktober 2015 tot Oktober
2016 slegs met 3,1% verswak het, weerspieël dit nie die ware prentjie
nie.
Grafiek 1
toon die daaglikse volatiliteit van die geldeenheid
teenoor die VSA-dollar oor ‘n jaartydperk.
Oor hierdie tydperk het die waarde van die rand in ‘n band van
tussen R13/$ en R17/$ beweeg, met R13,08 die sterkste vlak en
R16,88 die swakste. Dit weerspieël ‘n beweging van 29% tussen die
sterkste en swakste vlakke.
Omdat die meeste van Suid-Afrika se produksie-insette ingevoer
word, speel die waarde van die rand ‘n beduidende rol in die prys-
vorming van plaaslike insette. Ongeveer 80% van die land se kuns-
misbehoeftes, alle aktiewe bestanddele vir landbouchemikalieë en
die meeste landboumasjinerie (veral trekkers en stropers) word
hoofsaak-lik ingevoer. Selfs brandstofpryse (wat gereguleer word)
word op invoerpariteit gebaseer. Alhoewel ons saadtegnologie
(soos GMO’s) ingevoer word, word die meeste saad ten minste
plaaslik vermeerder.
Tabel 1
toon die prysbewegings in van die belangrikste ekono-
miese- en insetprysaanwysers in 2016.
Produksieprysindeks
Die produksieprysindeks (PPI) dui die prysstygings van goedere
en dienste op die groothandels- of vervaardigingsvlak in die
ekonomie aan. Op ‘n jaargrondslag het die produksieprysindeks
tot September 2016 met 6,6% gestyg. Die PPI vir landbou het op
‘n jaar op jaargrondslag met 12,2% toegeneem, terwyl die PPI vir
graanprodukte met 16,2% gestyg het.
Verbruikersprysindeks
Die amptelike inflasiekoers word op die basis van veranderings in
die verbruikersprysindeks bereken en dui kosteveranderings op
die kleinhandels- of verbruikersvlak aan. Die inflasiekoers het in
September 2016 op ‘n jaargrondslag met 6,1% gestyg. Voedselin-
flasie het oor dieselfde periode met 11,6% gestyg. In hierdie
mandjie van voedsel het brood en grane met 16,6% toegeneem,
terwyl vleis met 5% gestyg het. Olies en vette het met 15,5% toe-
geneem, terwyl groente en vrugte oor dieselfde tydperk met
onderskeidelik 14% en 25% gestyg het.
Wisselkoerse
In Tabel 1 word ‘n verstewiging in die waarde van die rand teenoor
ander geldeenhede as ‘n positiewe verandering aangedui, terwyl
‘n verswakking as ‘n negatiewe persentasieverandering aange-
toon word. Die rand het op ‘n jaargrondslag tot Oktober 2016
met onderskeidelik 3,1% en 1,3% teenoor die dollar en die euro
verswak, terwyl die rand 17,2% teenoor die pond versterk het.
Rentekoerse
Op ‘n jaargrondslag tot Oktober 2016
het die Reserwebank die bankkoers met
100 basispunte of een persentasiepunt na
7% verhoog. Handelsbanke het die prima
uitleenkoers ook met 100 basispunte na
10,50% verhoog.
Internasionale ruoliepryse
Die gemiddelde Brent-ruolieprys het vanaf
Oktober 2015 tot Oktober 2016 met 3,8%
vanaf $49,50 per vat na $51,40 per vat toe-
geneem. Die ruolieprys in randterme het op
‘n jaargrondslag tot en met Oktober 2016
met 7,1% tot R716 per vat gestyg.
Brandstofpryse
Die plaaslike groothandelprys van diesel
in Gauteng het met 2% vanaf R10,94 per
Desember 2016
20
Grafiek 1: Rand/dollar-wisselkoers.