

Syngenta bederf nuwe kliënte met
funksie uit die boonste rakke
N
uwe deelnemende produsente aan Syngenta se finansiële
oplossings, is op 6 September vanjaar bederf by ‘n uithaal-
geleentheid wat by die Irene Country Lodge in Centurion,
Pretoria gehou is.
AgriSafe™ (geloods in 2012) behels dat Syngenta gratis verskansing
bied vir ‘n tonnemaat wanneer ‘n produsent Syngenta se A-Z-
program aankoop om sy oes te beskerm. Die eerste produsente wat
van hierdie produk gebruik gemaak het, het in Augustus 2013 hul
uitbetalings ontvang. Syngenta se ander finansiële produk, Culti-
Vault, wat in die loodsfase is, word tans slegs aan voorafgeselek-
teerde kliënte gebied.
Volgens mnr Antonie Delport (besturende direkteur: Syngenta SA)
is Syngenta se uitgangspunt soos volg: “Dink soos ‘n produsent en
kyk asof deur die oë van ‘n produsent, want eers dan besef jy wat
die produsent in die aande wakker hou. Syngenta het daarom
finansiële produkte in plek sodat sekere risiko’s wat die produsent
beleef, aangespreek word,” het hy gesê.
Deur middel van Syngenta se toonaangewende navorsing en
wêreldwye teenwoordigheid het dié maatskappy ‘n onomkeerbare
toewyding tot hul kliënte. Syngenta glo dat slegs ‘n positiewe
besigheidsverhouding regdeur die waardeketting (insluitend die
regering) tot volhoubare sukses sal lei.
“Ons moet aanvaar dat geen enkele maatskappy of instansie voed-
selsekerheid alleen kan aanspreek nie. Vennootskappe is kritiek
belangrik regdeur Afrika. Syngenta se doelwit is dus om ‘n vennoot
te wees wat vir die produsent die beste advies, diens en tegnologie
wat tot die uiterste getoets is, te kan bring om opbrengste te ver-
hoog,” het Delport gesê.
Hy het produsente gevra om nie by negatiewe gesprekke betrokke te
raak nie. “
Don’t let negative and toxic people rent space in your head,
raise the rent and kick them out.
Ons moet ons tyd gebruik om aan
meer innoverende maniere te dink om meer kos te produseer met
minder hulpbronne.”
Me Brümilda van Rensburg, ‘n bekroonde aktrise, skrywer en do-
sent, seremoniemeester en ambassadeur van verskeie liefdadig-
heidsorganisasies, het die aand se verrigtinge gelei.
Mnr Johan Krause (agent: Hermanuspietersfontein) het aan gaste
die storie vertel oor waar Hermanuspietersfontein se lang naam
vandaan kom. Hy het ook gesels oor watter van dié kelder se gesogte
reeks wyne, wat onder meer insluit Bartho, Kleinboet, Skoonma
en Swartskaap, saam met watter geregte van dié aand geniet
moes word.
Professionele foto’s is deur die loop van die aand van elke paartjie
geneem en as ‘n aandenking, kamma-kamma op die voorblad van
SA Graan/Grain
se Augustus 2014-uitgawe geplaas. Elkeen kon hul
verpersoonlikte tydskrif saamneem huis toe.
35
December 2014
AKTUEEL
RUTH SCHULTZ,
SA Graan/Grain
medewerker
1: Herman en Susan Fouche van Rysmierbult ge-
niet ‘n verwelkomingsdrankie by Syngenta se nuwe
produsentefunksie.
2: Willie en Heleen Roux van Hendrina, het met
Christo Prinsloo (Syngenta-agent), heel regs en sy
metgesel, Liesl Gous, tweede van regs, gesels.
3: Die Syngenta-reëlingskomitee het ‘n topfunksie vir
die gaste en hul metgeselle gereël. Jannie de Villiers
(uitvoerende hoofbestuurder: Graan SA) en sy vrou,
Retha, het ook dié glansgeleentheid bygewoon.
4: Antonie Delport en Johan Krause geniet ‘n
glasie wyn.
5: “Vir Syngenta is Brümilda van Rensburg ‘n spesialis op haar veld, deurentyd professioneel en altyd dinamies
– kenmerke waarmee Syngenta hulself graag vereenselwig,” is die woorde waarmee dié bekende aktrise van die
Egoli-faam op die verhoog verwelkom is. Elke paartjie kon tydens die aand ‘n foto saam met Brümilda laat neem.
6: Cassie Leonard, Paseka Pienaar, Landi Kruger, Thomas Mehl en Francois van Greunen was van die gegradueerdes
van die 2014 Grain Academy leierskapsprogram, wat ook gaste by dié Syngenta nuwe produsentefunksie was.
Brümilda het in lyn hiermee ook gedurende die aand ‘n gedagte of twee gewissel oor leierskap.
5
2
4
3
6
1