

Desember 2014
30
Ken jou (vriendelike) vyand!
D
ie konsep “biologiese beheer” vind al hoe meer aanklank
by produsente, gegewe faktore soos weerstand by sekere
plae teen chemiese middels, omgewingsbesoedeling,
gifresidue op produkte, stygende koste van insekdoders
asook die onttrekking van sekere insekdoders vanuit die agro-
chemiese bedryf.
Biologiese beheermetodes kan help om hierdie probleme aan te
spreek en is veral binne ‘n geïntegreerde beheerprogram van waar-
de waar dit die gebruik van tradisionele chemiese metodes onder-
steun. Dit is belangrik om daarop te let dat die doel van biologiese
beheer nie, soos in die geval van chemiese beheer, die uitwissing
van die plaagpopulasie is nie, maar wel om die populasie onder die
skadelike drempelwaarde te hou.
Daar word dus gestreef na ‘n balans tussen die plaag en sy na-
tuurlike mortaliteitsfaktore in ‘n gegewe omgewing. Biologiese
beheermetodes sluit ‘n hele verskeidenheid opsies in, waaronder
feromone, afweer- en antivoedingsmiddels, natuurlike vyande as-
ook biologiese “toksiene”, ressorteer. Onder natuurlike vyande word
algemeen verwys na die drie “P’s”, naamlik: Patogene, predatore en
parasitoïede.
In ‘n vorige uitgawe van
SA Graan/Grain
(September 2014, Volume
16(9); bl 46 - 49) is die eerste van hierdie “P’s”, naamlik patogene, in
meer detail hanteer. Hierdie opvolgartikel fokus nou op die tweede,
naamlik predatore.
Predatore
By soogdiere vind ons baie voorbeelde waar een dier ‘n ander
gebruik as voedselbron. Dink byvoorbeeld aan die klassieke “leeu
vang bok”-scenario.
In hierdie geval word na die leeu as predator en die bok as prooi
verwys. Net so is daar ook talle gevalle waar insekte as prooi benut
word, hetsy deur ‘n ander insek, soogdier, voël, reptiel of enige ander
predatoriese organisme.
Kom ons kyk na drie belangrike insekpredatore wat onder meer
plantluise as prooi benut, spesifiek binne kleingraanverbouing. Veral
die onvolwasse of larvale stadium van hierdie predatore is minder
bekend aan produsente, maar tog vervul hulle ‘n baie belangrike rol
in die agro-ekosisteem en lewer boonop ‘n gratis plaagbeheerdiens.
Skilpadkewers
(Ladybirds)
Hierdie insekte behoort aan die kewerorde
Coleoptera
(familie:
Coccinellidae
) en ondergaan ‘n volledige metamorfose gedurende
hul lewensiklus.
Dit beteken dat die onvolwasse larwestadium heeltemal anders
lyk as die volwasse. ‘n Baie algemene skilpadkewer wat met klein-
graanverbouing geassosieer word, is die kewer
Hippodamia varie-
gata
(Engels:
Variegated ladybird
) (
Foto 1
).
Die lewensiklus begin by paring tussen ‘n manlike en vroulike kewer
(ongeveer 5 mm lank) waarna helder
geel eiers op die plante (en soms kluite
op die grond) gelê word. Eiers kan enkel
(
Foto 2
) of in groepies gelê word. Die
eier broei ná sowat sewe dae uit en
klein, donker, krokodilagtige larwes
maak hul verskyning (
Foto 3
).
Hierdie larwes vreet aanvanklik aan
die eieromhulsel/dop voordat hulle
versprei, op soek na prooi (plantluise
en/of ander klein, sagtewand-insekte).
Soos die larvale stadium in grootte
toeneem moet dit vervel en elke fase
tussen hierdie vervellings word instars
genoem.
Hierdie skilpadkewer het gewoonlik
vyf instars. Vanweë die larvale stadium
se onaardige voorkoms word dit on-
gelukkig nie, soos in die geval van die
volwasse stadium, as ‘n “vriendelike”’
insek beskou nie.
Die finale instarlarwe vorm dan ‘n papie
(
Foto 4
) waartydens ‘n merkwaardige
metamorfose of omskakeling plaas-
vind na die volwasse kewer. Die papie-
stadium duur ongeveer sewe dae. Die
kewer wat uit die papie te voorskyn
OP PLAASVLAK
Biologiese beheer / Beheermetodes / Predatore
Geïntegreerde plaagbeheer
JUSTIN HATTING,
LNR-Kleingraaninstituut, ‘n Instituut van die Veldgewasdivisie
Gaan kyk gerus hier na die
harlekyn skilpadkewer.
Deel 2
Skilpadkewers (
Ladybirds
)
1: Volwasse
Hippodamia variegata
.
2: Eier van ‘n skilpadkewer.
3: Larvale instars van ‘n skilpadkewer.
4: Papiestadium van ‘n skilpadkewer.
1
3
4
2